SO WAAR AS VET!

Wie sal ooit vir Ca­rel­tjie van As­we­gen ver­geet? Of die vro­li­ke Teighlor, wat graag son­der kle­re in al haar pot­jie­rol-glo­rie po­seer het? Ons ont­hou die merk­waar­di­ge ver­ha­le van die su­perswa­res

Huisgenoot 100 - - Nuus­ge­noot -

VAN al die ge­wig­ti­ges wat al deur die blaaie van Huis­ge­noot ge­dreun het, was Ca­rel van As­we­gen die on­be­twis­te ko­ning van die ki­lo’s. Die Groot Vy­and Vet het le­sers nog al­tyd ge­boei, en ar­ti­kels oor di­ë­te is steeds su­per­ge­wild. Maar die bes­te lees was al­tyd oor hul­le wat veel er­ger daar­aan toe was as ek en jy. Soos die Reus van De­a­les­vil­le . . . Toe dié kne­wel van ’n Vry­sta­ter in 1991 in Huis­ge­noot ver­skyn, was hy ’ n plas van ’ n mens. Ca­rel het op 281 kg in­ge­weeg met ’n ver­drie­ti­ge ver­haal: vet, ma­er, maar weer vet.

Ses jaar te­vo­re het le­sers vir die eer­ste keer met hom ken­nis­ge­maak toe hy bre­ë­bors ver­tel het hoe hy van 221 tot 133 kg ver­slank het. Maar teen 1991 was al­les te­rug, en nog meer.

Dit sou die pa­troon vo­ren­toe word – klim­tol af, klim­tol op . . .

T­win­tig jaar lank sou le­sers die wel en wee van Ca­rel­tjie, soos hy met deer­nis ge­noem is, in Huis­ge­noot volg, deur hoog­te- en laag­te­punt, tri­omf en te­rug­slag, tot die on­ver­my­de­li­ke ein­de van ’n man wat die vy­and maar net nie die nek­slag kon toe­dien nie.

In 1991 was hy 31 jaar oud en baas van twee pla­se, maar die vrou van die huis was steeds ma Duif. Ca­rel het nog moe­dig ge­grap: “Sy is die ban­tam-hen­ne­tjie wat ’n te groot ei­er ge­lê het!”

Maar die lag het vlak ge­sit. In die Vry­staat­se hit­te kon Ca­rel geen hemp aan sy swe­ten­de lyf ver­duur nie, en op die werf moes hy rus-rus van stoel tot stoel stap.

In 1993 ry Huis­ge­noot hoop­vol plaas toe, maar Ca­rel laat die skaal steeds op 271 kg kreun. Hy was al­tyd al­mal se ou­li­ke seun­tjie en hul­le het hom vol ge­stop met soet­goed en al wat vet­te­rig is, ver­tel hy toe. Hy’s la­er­skool toe as ’n vet­tie, hy’s ho­ër­skool toe as ’n vet­tie, maar hy kon da­rem nog rug­by speel.

Daar­die dae was lank ver­by. “Die spul het be­gin hand­uit ruk,” be­ly Ca­rel. En ver­tel van sy nu­we di­eet, ses klein maal­tye op ’n dag.

Hy het ge­meen die sto­rie in Huis­ge­noot sal hom dié keer help deur­druk. En ja, dit het toe so ge­werk – vir ’n ruk.

Dis 1994, ’ n glim­lag­gen­de Ca­rel­tjie wys sy oor­groot baad­jie en Huis­ge­noot ver­tel: “Ca­rel is dees­dae ’n vlin­der van 184 kg.” Sy di­eet, ’n preek oor ge­duld en ’n ap­te­ker se aan­moe­di­ging het die ding ge­doen.

20 A­pril 2000: Ag­ge nee. Die klim­tol het ge­klim; Ca­rel weeg meer as 300 kg. Hy is nou meer as dub­bel so swaar as op sy ma­er­ste.

Maar hy is vol moed: Nóú gaan hy die mon­ster tem.

Op 22 Fe­bru­a­rie 2001 ju­bel Huis­ge­noot: Die Reus van De­a­les­vil­le is be­sig om weg te smelt. Hy’t selfs in ’n mo­ti­ve­rings­pre­ker ont­pop. Vet is ’ n vrees­li­ke ding, ver­tel hy vir die ge­hoor. Hy weet, want hy het in 11 maan­de 142 kg af­ge­skud. “Ek het be­gin om met die He­re te ge­sels,” ver­tel hy oor die nu­we suk­ses.

Op 2 Au­gus­tus is dit Ca­rel wat ju­bel: “Ek het al­tyd maar net hier ge­sit. Nou is ek nooit by die huis nie. Ek stap mak­lik 5 km per dag . . . S­mid­dae sit ek twee sui­ker­pil­le­tjies in my sak en dan loop drink ek by die bu­re tee.”

Die vol­gen­de jaar bring ’n nu­we tri­omf: Hy hui­wer net bo die ma­gie­se mik­punt van 100 kg. Die jaar daar­na, 2003: Ca­rel in­spi­reer jong deel­ne­mers aan Huis­ge­noot se kin­de­reet­plan. Ca­rel wil ad­ver­teer vir ’n vrou, hy wil trou . . . En wrag­gies, net twee jaar la­ter lui die trou­klok­kies vir Ca­rel en Da­li­kie Se­go­na van M­mank­go­di, Botswa­na.

Maar die vy­and wou hom nie laat klop nie. In Ja­nu­a­rie 2006 kui­er Huis­ge­noot vir die laas­te keer op De­a­les­vil­le. Nou is dit net Duif wat ons in­wag, haar stem hees van ver­driet.

‘Man, daar is al klaar dui­sen­de men­se wat vet­ter as ek is’

Ca­rel van As­we­gen, 2001

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.