’N EEU LANGE STRYD TEEN VET

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Huis­ge­noot se eer­ste oor­ge­wig­ti­ge pryk op 18 Junie 1926 op ’ n blad­sy met vis­re­sep­te. Was die bood­skap dat vis die ki­lo’s kan keer? Want ar­me Gie­pie de Bod weeg op 12 jaar 230 lb, of­te­wel 104 kg.

In 1937 praat Huis­ge­noot vir die eer­ste keer reg­uit oor vet, in ’n skets met die op­skrif “Die Vet Vrou en Haar Slan­ke V­rien­din”. Le­sers ver­neem: Die vet vrou kry swaar in die lewe en nie­mand luis­ter na haar klag­tes nie, want al­mal dink sy’s vet om­dat sy nie vir haar die moei­te ge­troos het om ma­er te word nie.

Elf jaar la­ter, in 1948, ver­skyn die eer­ste di­eet, ’ n se­we­dag­plan, met el­ke dag ook “’n hap-en-trap-ete wat u oor die toon­bank by die ka­fee kan nut­tig”.

Weer 11 jaar la­ter is daar nog ’ n Huis­ge­noot-eer­ste, ’n ka­lo­rie­kaart, met ’ n ver­ma­ning dat rook dalk die eet­lus demp, maar dit maak die ver­he­mel­te droog, en ’n wa­ter­drin­ke­ry jaag dan die pon­de op! Daar is ook ’n ad­ver­ten­sie vir ver­slan­ken­de bad­sout – “laat 2 tot 3 pond in u bad ag­ter”.

In 1953 ont­moet le­sers vir Cor­ne­lia Fos­ter, wat 80 dae ge­vas en 40 lb (18 kg) ver­loor het. In 1966 lees hul­le van dr. Hum­plik se di­eet – e­nor­me hoe­veel­he­de van die reg­te kos maak jou ma­er, nie vet nie. Was daar ’n di­eet, het Huis­ge­noot hom ge­had. Die kool­di­eet. Die Maan­dag­di­eet. Die super- di­eet. Die me­ta­bo­lis­me- di­eet. Na­ta­ni­ël se bruin­rys-en-len­sie­di­eet, Vic­to­ria P­rin­ci­pal se di­eet, Tim No­a­kes se min­kool­hi­dra­te-di­eet, ’n di­eet en kom­pe­ti­sie vir oor­ge­wig kin­ders . . .

En die ge­wild­ste van al­mal? ’n T­wee­week­plan wat in 1979 ver­skyn en op le­sers­ver­soek in die vol­gen­de se­we jaar t­wee keer her­haal is. Daar­in is el­ke ete van el­ke dag vir die t­wee we­ke vir jou uit­ge­werk – en jy moes ál­les eet om die di­eet te laat werk.

Ja, die e­wi­ge vy­and vet is ’n swaar­ge­wig­ka­lant . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.