‘DOK’, GEE MY KRAG & RAAD!

Tromp was ’n spier­tier, ge­ne­ser en troos-oom, som­mer als in een

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

TROMP VAN DIG­GE­LEN was in ’n se­ke­re sin Huis­ge­noot se eer­ste Mur­ray Jan­son. Die be­ken­de prof. Jan­son het in die 1980’s ge­wild ge­word met sy ru­briek, Sa­ke van die Hart, waar­in hy men­se raad met al­ler­han­de pro­ble­me ge­gee het. Tromp het nou nie ’ n vas­te ru­briek ge­had nie, maar hy het van die 1920’s tot die vroeë 1960’s ge­reeld in Huis­ge­noot ver­skyn.

Hy was ver­al be­kend as ’n sterk­man wat lig­gaam­li­ke oe­fe­nin­ge vir ’n wye reeks kwa­le en siek­tes voor­ge­skryf het. Soms het hy som­mer an­der raad ook ge­gee.

InHuis­ge­noot­van5Ja­nu­a­rie1962, by­voor­beeld, ver­skyn ’ n brief van ’ n be­kom­mer­de jong man wat Tromp om raad vra. “As ek moet wa­ter as ie­mand by my is, vind ek dit net on­moont­lik,” skryf die 20-ja­ri­ge. “Ek het al dik­wels in die ver­leent­heid be­land oor die moei­lik­heid van my. Het die feit dat ek be­sny is, mis­kien iets met die saak te doen?”

Tromp se kort, saak­li­ke ant­woord is: “Ek re­ken dat u moei­lik­heid met u se­nu­wees ont­staan. Dit het hoe­ge­naamd niks met die be­sny­ding te doen nie.”

Hy het sy bui­ging in Huis­ge­noot ge­maak met ad­ver­ten­sies vir sy oe­fen­kur­sus­se. “U kan ge­nees word,” lui een daar­van. “Skryf aan die Wêreld se mees ge­slaag­de Leer­mees­ter van Na­tuur­ge­ne­sing – die man wat meer vir ge­sond­heid van Suid-A­fri­ka as e­ni­ge man in sy ge­skie­de­nis ge­doen het.” Hy be­weer hy is

1924, Mei EER­STE AD­VER­TEN­SIE

suk­ses­vol met die be­han­de­ling van on­der meer se­nu­weekwa­le, win­de­rig­heid, ’ n plat bors, af­ge­sak­te baar­moe­der en bui­ten­ge­wo­ne ma­er­heid.

By die ad­ver­ten­sie is ’n fo­to waar­op hy kaal­bo­lyf staan, met dié woor­de by: “Die Baas-Bou­mees­ter van Ge­sond­heid de­mon­streer sy bi­seps van se­wen­tien en ’n ag­ste duim.” Beslis nie ’n ou wat met self­twy­fel ge­straf was nie . . .

In die 1950’s het Tromp sy le­wens­ver­haal in ’n reeks ar­ti­kels in Huis­ge­noot ver­tel. Hy was ook ’n stoei­er en die pro­mo­tor van an­der sterk­man­ne wat deur die land ge­toer en krag­ver­to­nings ge­hou het.

Tromp is in 1967 op 82 aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke oor­le­de. Hy was t­wee keer ge­troud en het vier kin­ders ge­had.

1954, Sep. LE­WENS­VER­HAAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.