LIEFDE? AG NEE!

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Toe Mo­ni­ca Le­win­sky vir ’n so­mer­jop­pie in die Wit­huis be­land, het sy ge­dink haar kol­le­gas wat meen die “ou­kê­rel met die groot rooi neus en dra­de­ri­ge grys ha­re” is sexy, moet gek wees. Tot sy p­res. Bill C­lin­ton self ont­moet het . . .

Die uit­ein­de was on­gu­re kas­ke­na­des met ’n si­gaar en ’n kol op haar rok wat wê­reld­wyd voor­blaaie ge­haal het. En al­mal wat in 1995 oud ge­noeg was om die sto­rie ook in Huis­ge­noot te lees, sal die naam Mo­ni­ca Le­win­sky vir e­wig ont­hou. Toe die Ka­pe­naar Lu­an­na S­hon­feld en Chris de Burgh me­kaar met sy 1993-toer hier raak­kui­er, was daar da­de­lik von­ke. Sy’s na die min­ne­san­ger se ho­tel om kuns­wer­ke te be­sig­tig, en al was dit nog nie og­gend nie, het hy op sy bal­kon vir haar Mor­ning Has Bro­ken ge­sing. Toe het hy haar to­ne ge­suig.

“Hy het ge­sê hy kan sim­fo­nieë op my rug kom­po­neer,” het sy vir Huis­ge­noot ver­tel. Dit het toe nie ge­beur nie, maar hy hét vir haar in ’n on­der­broek ge­dans. Le­sers se oë het in 2010 ge­rek oor Man­da Rey­ne­ke, die 44-ja­ri­ge P­re­to­ri­a­ner wat haar dog­ter se ho­ër­skool­kê­rel af­ge­vry en on­der haar ge­sin se neus met hom ge­ka­foe­fel het.

Din­ge het vir “tan­nie Man­da” ont­spoor toe die des­tyd­se Blou Bul De­on Hel­berg haar los en sy Ni­ge­ri­ërs huur om hom op te dons – en die po­li­sie haar in ’n lok­val lei.

Dit was eg­ter nie die laas­te wat ons van Man­da ge­hoor het nie. In 2015 was sy weer in die nuus toe ’n 25ja­ri­ge lood­gie­ter ge­kla het sy bly hom las­tig val.

BO: Al­lan en El­na Boe­sak op hul trou­dag in 1991.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.