PIETMY-LIEF

Par­ty het met die oud­mi­nis­ter die spot ge­dryf, maar an­der was ont­roer deur sy na­jaarslief­de

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

TOE die te­le­foon kort ná die fees­tyd vroeg in 1993 by Huis­ge­noot lui, kom ’n aan­bod wat tot ’n on­ver­geet­li­ke reeks sto­ries sou lei. Suid-A­fri­ka het pas die sko­k­nuus ver­neem dat dr. Piet en mev. Lu­lu Koorn­hof skei. Nou be­weer die op­roe­per sy weet hoe­kom. Huis­ge­noot se Hen­ri­ët­te Loub­ser (van­dag die re­dak­teur) ry; kom te­rug met ’n pak fo­to’s. Dis van Piet, in ge­sel­li­ge luim, saam met ’ n klom­pie jong men­se. En daar is ’n mei­sie. S­joe! Dís ’n sto­rie! Wik, weeg. Wat­nou? Die­fo­to’slie­gim­mers nie. Wik, weeg . . . Maar die man is ’ n gróót­kop. Oud­mi­nis­ter, af­ge­tre­de oud­am­bas­sa­deur. Maar nee, dis mos nuus!

Die­rol­pers­wor­din­der­haas­ge­stop, want­die tyd­skrif is die vo­ri­ge aand al druk­kers toe, die ar­ti­kel word in­ge­glip, en die vol­gen­de week bars die bom. Piet Pro­mi­ses het in Kaap­stad paar­tie ge­hou saam met ’n jong klomp wie se ou­pa hy kon ge­wees het. Ver­al met een.

Haar naam is Mar­cel­le A­dams, ver­tel Huis­ge­noot, en sy is 25. Hy is 67. Hul­le kui­er ge­reeld in haar woon­stel in Lang­straat. Die plek is nuut ge­meu­bi­leer en Mar­cel­le ry in ’n me­taal­blou Toyo­ta Corol­la rond – al­les ge­sken­ke. O ja, sy’s ook swan­ger.

Piet ver­dui­de­lik woes: Dis nie sy kind nie! Sy­werks­om­sas­sy­se­kre­ta­res­se. Di­sal­les­baie vaag en deur­me­kaar, maar een ding is glas­hel­der: Piet het die skoot he­mel­hoog deur.

Sep­tem­ber 1993: Piet ver­tel al­les aan Huis­ge­noot. Hy’t sy en Lu­lu se huis in ’ n spog­buurt van S­tel­len­bosch ver­ruil vir ’ n plek­kie in Ta­ble­view, noord van die stad, waar hy woon saam met Mar­cel­le en klein Ma­ria Koorn­hof, net ’n paar maan­de oud.

Ons neem vir Piet in ’n skuim­bad af, Ma­ria op sy skoot, skou­ers nog net­jies vir ’ n man van sy ja­re.

En so word die sto­rie van ’ n “sim­pel ou man” wat, in die woor­de van oud­min. Hen­drik S­choe­man, “sy he­le beeld ver­nie­tig het”, ’n aan­doen­li­ke lief­des­ver­haal van die nu­we Suid-A­fri­ka, net ’n jaar voor sy tyd.

Mar­cel­le ver­tel hoe sy op die Kaap­se Vlak­te groot­ge­word en ge­weet het sy moet weg om iets van haar­self te maak. Haar lewe saam met Piet was nie fên­sie nie, maar vir haar was dit ’n groot sprong. Hy, eens waar­ne­men­de staats­pre­si­dent, ver­tel van die spog­wo­nings wat hy al ge­ken het, “maar nê­rens was ek al ge­luk­ki­ger as net hier by haar nie”.

Die vol­gen­de maand breek ’n her­rie uit toe hy ver­klaar hy is Ma­ria se bi­o­lo­gie­se pa. Hoe dan nou?

La­ter klaar bin­ne­land­se sa­ke daar­die een op: Jy kan nie som­mer be­sluit jy wil die bi­o­lo­gie­se pa wees nie; jy moet da­rem ’n fi­sie­ke aan­deel in die ba­ba hê. Piet is in al­le op­sig­te Ma­ria se pap­pa, maar nié bi­o­lo­gies nie.

Teen 1995 ver­tel hy hul­le be­plan nog kin­ders. Sy her­in­ner hom: “Ons moet eers trou.” Na­tuur­lik, ver­se­ker­hy, maar­die­skei­saak­sloer.

In Julie 1997 – hul­le is steeds nie ge­troud nie – word ’n twee­ling, Da­niel en Sa­mu­el, ge­bo­re. Huis­ge­noot kui­er in die hos­pi­taal. “Hy lyk soos jy, Piet,” sê Mar­cel­le van Sa­mu­el. “Haal net jou bril af, dan sal jy sien hy lyk soos jy.” Eers ná Piet se dood ont­hul Mar­cel­le die t­wee is met sken­ker­saad ver­wek.

Die ga­ping van meer as 40 jaar eis eg­ter sy tol en in 2002 word An­nie ge­bo­re, die lief­des­ba­ba van Mar­cel­le en die sa­ke­man F­ritz C­her­dron. Hy woon in Duits­land by sy erns­ti­ge siek vrou, en Piet aan­vaar An­nie soos sy eie. Maar t­wee jaar la­ter word ook Chris­ti­na ge­bo­re, en vroeg in 2005 vlieg Mar­cel­le en die kin­ders Eu­ro­pa toe om by F­ritz te gaan woon. Mar­cel­le wil graag vir Piet saam­neem, maar hy kies om in hul huis ag­ter te bly, waar haar sus­ter in­trek om hom te ver­sorg.

Hy en Lu­lu is steeds ge­troud en hul­le bel me­kaar el­ke dag, ver­tel Piet.

In Augustus 2005 vlieg Mar­cel­le te­rug vir Piet se 80ste ver­jaar­dag. En­ke­le maan­de la­ter laat sy fa­mi­lie hom in ’n ver­sor­gings­oord op S­tel­len­bosch op­neem.

Haar laas­te be­soek aan Piet, in 2006, moes sy skelm be­plan, ver­tel Mar­cel­le, want die fa­mi­lie wou haar nie daar hê nie. Hy was toe al baie deur­me­kaar, maar toe hy haar sien, het hy da­de­lik uit­ge­roep: “Ohmy­de­ar­gi­rl . . .”

“Kom jul­le my haal?” wou hy weet. Mar­cel­le moes bui­te gaan huil. En ’n jaar la­ter was Piet weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.