BROSE PIKKIES SE ROERENDE VER­HA­LE

Van die tal­le kin­ders met on­ge­wo­ne ver­ha­le oor wie Huis­ge­noot al ge­skryf het, het dié klom­pie le­sers die mees­te aan­ge­gryp

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

KIN­DERS in le­wens­nood gryp Huis­ge­noot-le­sers al de­ka­des lank aan die hart. Wie sal ooit die vloed van mee­le­wing ver­geet toe die 10-ja­ri­ge E­li­ze Groe­ne­wald van Ve­ree­ni­ging se han­de in 1983 in haar ou­pa se hi­drou­lie­se skroot­pers af­ge­ruk is? Of die af­gry­se toe die twee­ja­ri­ge I­sa­bel­la Kruger, be­ter be­kend as die moe­di­ge veg­ter­tjie Pip­pie, op Ou­jaars­dag 2011 gru­we­lik deur vuur­aan­ste­ker­jel ver­brand is? S­leg­te din­ge ge­beur soms met on­skul­di­ge kin­ders, en dit is ver­al hul ver­ha­le wat le­sers met be­son­de­re deer­nis volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.