FRAN­SIE GERINGER 1980

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Huis­ge­noot het al dik­wels oor on­ge­wo­ne kin­ders ge­skryf, maar min het men­se so aan­ge­gryp soos die ver­haal van Fran­sie Geringer van Or­kney, die “ou­pa-seun­tjie”. Fran­sie het ’n seld­sa­me siek­te ge­had wat hom bui­ten­ge­woon vin­nig laat ver­ou­der het, maar sy ver­haal was so­veel meer as net sy toe­stand. Die ou­mens-seun­tjie het in le­sers se harte in­ge­kruip toe hy sy on­moont­li­ke dro­me deel – om dalk ’n ster­re­kun­di­ge te word, of sy eie troe­tel­dier­win­kel te be­sit.

Fran­sie het ’n paar keer in A­me­ri­ka gaan kui­er by sy “maat­jies”, ’n groep an­der kin­ders met die­self­de sin­droom. Dan het hul­le (al­mal met die­self­de ge­plooi­de ou­mens-ge­laat) saam op uit­stap­pies ge­gaan. “So te sê al­mal van ons dra pet­te, want dan staar men­se jou nie so aan nie,” het Fran­sie ver­tel.

Toe hy 12 was, het Huis­ge­noot met Fran­sie, pas te­rug van sy der­de be­soek aan A­me­ri­ka, ge­sels. Een van sy maat­jies, Meg Ca­sey, is on­langs oor­le­de, het hy ver­tel. “Sy het ge­glo ’n mens leef vir el­ke dag. Ek glo dit ook nou. Ek gaan el­ke dag skool toe en leer net so hard soos die an­der kin­ders . . .” Hy is in 1989 dood op net 17 jaar, in die lyf van ’n 100-ja­ri­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.