MICAELA HUNTER 1994

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Micaela Hunter was maar ’n skra­le 17 uur oud toe sy in 1994 uit die hos­pi­taal ont­voer is.

“Die erg­ste is om met leë arms uit die hos­pi­taal te stap,” het haar ma, A­li­son, aan Huis­ge­noot ver­tel.

T­wee jaar la­ter het die te­le­foon tog met goeie nuus vir A­li­son en haar man, Bru­ce, ge­lui. Micaela is ge­vind en as ge­volg daar­van het haar ont­voer­der, Son­ja Com­brinck, uit­ein­de­lik agt jaar ag­ter tra­lies deur­ge­bring.

Vanuit die tronk skryf Son­ja in ’n brief wat Huis­ge­noot eks­klu­sief pu­bli­seer sy bly lief vir Micaela (wat sy S­han­non ge­doop het). “Ek ken die klein men­sie wat ek groot­ge­maak het, ek weet sy sal my een­dag vind. Ek sal vir daar­die dag wag.”

Micaela is van­dag ’n ge­luk­ki­ge maar me­di­askug­ter jong vrou. Daar is geen aan­dui­ding dat sy ooit vir Son­ja op­ge­soek het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.