ZEPHANY NURSE 2015

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Zephany Nurse is in 1997 as ba­ba uit haar ma, Ce­les­te, se arms in die hos­pi­taal ge­steel. ’n Vol­le 18 jaar la­ter kom die sko­k­nuus: Zephany het net ’n paar hui­se van Ce­les­te en haar man, Mor­né, se huis af groot­ge­word.

Ter­wyl haar groot­maak­ma weens haar ontvoering aan­ge­kla word, kies Zephany om by haar groot­maak­pa te bly, hoe­wel sy soms na­we­ke by haar bi­o­lo­gie­se ge­sin kui­er. In ’n eks­klu­sie­we on­der­houd met Huis­ge­noot ver­tel Ce­les­te: “Dit is eint­lik ’n baie hart­seer sto­rie dié. Dink net, ie­mand sê op ’n dag vir jou jy is ge­steel. Wie sal jy kies? Jou bi­o­lo­gie­se ma of die een wat jou ge­steel het?”

La­ter ver­tel die groot­maak­ma vir ons sy het die kind nie ont­voer nie; die ba­ba is deur ’n an­der vrou vir haar ge­gee en sy was on­der die in­druk dis ’n wet­ti­ge aan­ne­ming.

Wat die waar­heid is, sal die tyd ho­pe­lik leer.

Teen druk­tyd was die hof­saak nog be­sig om te ont­vou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.