SKOPVOET VAN LIEFDE EN HAAT

Sy ta­lent is le­gen­da­ries, maar min SA rug­by­spe­lers se styl was se­ker al so om­stre­de soos Naas Bo­tha s’n

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

DA­NIE CRAVEN het ge­sê hy is een van rug­by se groot­ste vyf ooit. Die oor­se­se me­dia het hom met wre­we­li­ge be­won­de­ringNas­ty Boo­t­er ge­doop. Huis­ge­noot se ver­hou­ding met die skop­ko­ning Naas Bo­tha – dees­dae ’n ge­wil­de TV-rug­by­aan­bie­der en -ont­le­der – het on­ge­veer sy ver­hou­ding met plaas­li­ke rug­by­lief­heb­bers weer­spie­ël: bit­ter­soet. Soms­hart­lik... en­dan­weer stram.

Des­tyds was e­nig­iets wat Naas ge­doen het nuus. Daar was sy hel­de­da­de en soms “nuk­ke” op die veld en Naas het met sy blon­de ha­re­dos en snor ook baie mei­sieknieë lam ge­maak.

Hy wil g’n stuk “die goue seun van SuidA­fri­kaan­se rug­by” ge­noem word nie, skerm Naas toe Huis­ge­noot in Junie 1979 die “skaam wit­kop­pie met die giftige voet” gaan op­soek. Dis die koe­rant­man­ne wat “op sen­sa­sie in­ge­stel is . . .” kla hy, toe 21.

Huis­ge­noot was nie­te­min t­wee jaar la­ter, toe die be­gaaf­de jon­ge­ling reeds die Noor­dTrans­vaal-span (van­dag die Bul­le) be­gin lei het, by Naas se troue met die mooie La­rio: “Die bruid is in die skuit, nou moet die rug­by­fluit­jie weer fluit. Kap­tein Naas was skaars ge­troud toe hy weer Noord- teen Wes-Trans­vaal moes aan­voer,” word be­rig by die fo­to­ar­ti­kel waar­in die lug­waar­din La­rio in haar trou­rok nog­al aan prinses Di her­in­ner.

In ’n voor­blad­ar­ti­kel en­ke­le maan­de la­ter ver­tel Naas se nu­we bruid, oor­spronk­lik van P­ha­la­bor­wa, dat die “haan op die veld” eint­lik ’n “lam by die huis” is. Sy bieg ook dat sy ge­du­ren­de ’n roem­ry­ke se­ge oor die All Blacks voor die kassie weg­ge­dom­mel het en nooit ge­sien het hoe Naas 20 pun­te aan­te­ken nie. En dat ’n kind ’n groot ver­skil kan maak aan die lewe van ’n “rug­by­we­du­wee”. . . Dalk ’n voor­te­ken van wat sou volg?

In die­self­de uit­ga­we is ook ’n ont­le­ding van haar man as rug­by­spe­ler: “Naas: Rug­by­ge­nie of -ramp?” Die toets voor sy wen­ver­to­ning was im­mers een van die bit­ter seld­sa­me dae dat Naas se vi­sier uit was. Die joer­na­lis Jo­hann Hol­zap­fel se kom­men­taar spreek van SA se des­tyd­se ver­hou­ding met die man wat som­mi­ge die haan­tjie van oor­kant die Juk­skei­ri­vier ge­noem het: “Ar­me Naas. Bin­ne t­wee we­ke die skurk en (toe weer) die held. Dankie tog vir hom . . . tot hy weer skeef kor­rel vir Suid-A­fri­ka, of raak vir die Noor­de.”

In Sep­tem­ber 1984 kui­er Huis­ge­noot by die Bothas voor hul­le hul egskei­ding sou fi­na­li­seer. La­rio en Naas is steeds goeie vrien­de, hoor Huis­ge­noot, en sien “’n hart­seer trek­kie om haar mond . . .”, hoe sy “stil na Naas kyk”. In daar­die sta­di­um suk­kel Naas nog

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.