ATLETIEK

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Dis die moed en wils­krag van die in­di­vi­du wat atletiek so aan­gry­pend maak. En Huis­ge­noot het deur­gaans die mens­li­ke dra­mas van dié sport­soort keu­rig aan sy le­sers voor­ge­sit.

DIE EER­STE TREË

Aan­vank­lik het ons meest­al met fo­to’s oor atletiek be­rig, soos op 23 Julie 1924 toe “S.J.M. At­kin­son van Na­tal . . . die 120 treë­paal­tjies­wed­loop” in En­ge­land ge­wen het. Van­dag ken ons dit as ’n hek­kies­wed­loop.

En op 18 A­pril 1941 het Huis­ge­noot ’n ak­sie­fo­to ge­plaas van “Mej. Est­her van Heer­den, wat on­langs op S­tel­len­bosch die (hoog­spring­)wê­reld­re­kord van 5 voet 5.3558 duim ge­slaan het, deur oor 5 voet 5.375 duim te spring”. In 1952, by die O­lim­pie­se S­pe­le in Hel­sin­ki, het sy as Est­her Brand die goue me­dal­je in die hoog­spring ge­wen.

In die uit­ga­we van 23 Junie 1954 ver­klaar die sport­skry­wer Ar­rie Jou­bert dat die ma­ra­thon­le­gen­de Wal­ly Ha­y­ward ons land se bes­te mans­at­leet is en Est­her die bes­te vrou. Maar ses jaar la­ter, op 29 Januarie 1960, sê hy Gert Pot­gie­ter is Suid­A­fri­ka se groot­ste sport­man na­dat Gert die wê­reld­re­kord in die 440­treë­hek­kies op­ge­stel het.

Gert was op 12 Augustus 1960 op Huis­ge­noot se voor­blad as die oor­wel­di­gen­de guns­te­ling om daar­die jaar goud by die S­pe­le in Ro­me te wen. Maar ’n by­na nood­lot­ti­ge mo­tor­on­ge­luk het am­per sy sport­loop­baan kort­ge­knip. Hy het ’n paar jaar ná die on­ge­luk met on­der meer sy sig ge­suk­kel en eers teen 1966hethy goed ge­noeg­her­ste­lom weer aan die Suid­A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skaps­toer­nooi te kon deel­neem.

Dan was daar Paul Nash, “die B­lits van Wits”, wat on­der meer die des­tyd­se wê­reld­re­kord van 10 sek. in die 100 m ge­ë­we­naar het. Oor hom skryf Huis­ge­noot op 16 Junie 1967 dat hy “die vin­nig­ste blan­ke op aar­de” is.

KAALVOET ZO­LA

In die 1980’s was Zo­la Budd, die kaalvoet mei­sie van Bloem­fon­tein, ge­du­rig in die nuus. Op 3 Maart 1983 skryf Huis­ge­noot oor “atletiek se won­der­kind wat dit haat om te ver­loor”, en noem haar die “tink­tin­kie met di­na­miet in haar treë”.

Die kol­lig het haar ge­volg toe sy B­rit­tan­je toe ver­huis so­dat sy on­danks sport­boi­kot­te teen Suid­A­fri­ka in­ter­na­si­o­naal kon mee­ding. Par­ty men­se het haar van lands­ver­raad be­skul­dig om­dat sy vir die B­rit­te gaan hard­loop het; an­der was net bly dat sy haar loop­baan op die wêreld se at­le­tiek­ba­ne kon voort­sit.

Op 21 Junie 1984 – kort voor die O­lim­pie­se S­pe­le in Los An­ge­les – skryf Huis­ge­noot oor “Ma­ry Dec­ker, die goue (A­me­ri­kaan­se) mei­sie van wê­reldat­le­tiek”, wat Zo­la se groot­ste teen­stan­der in die 3 000 m sou wees.

Maar op 23 Augustus plaas Huis­ge­noot ’n vol­blad­fo­to van ’n hui­len­de Ma­ry on­der die op­skrif: “Tjank­ba­lie!” Dít na­dat Ma­ry in die wed­loop in Zo­la se be­ne ver­stren­gel ge­raak en ge­val het. Zo­la het self ná die in­si­dent spoed ver­loor en se­wen­de ge­ëin­dig. In die ar­ti­kel word Ma­ry ge­braai om­dat sy ná die val­le­ry vir Zo­la toe­ge­snou het: “Gee pad hier, ek wil nie met jou praat nie,” toe laas­ge­noem­de ver­sko­ning vra.

Zo­la se droom oor O­lim­pie­se goud was aan sker­we.

Weg van die at­le­tiek­baan was Zo­la ook ge­du­rig in die nuus – en nie al­tyd om spor­tre­des nie.

Op p 27 A­pril 1989 be­rig Huis­ge­noot oor haar troue met Mi­ke Pie­ter­se on­der die op­skrif “Zo­la Se Mooiste Dag (Hart­seer en Al)”. Haar pa, Frank Budd, het weens ’n ja­re lange twis weg­ge­bly.

’n Paar maan­de la­ter is Frank ver­moor. En in sy tes­ta­ment het hy haar sy be­graf­nis be­let, skryf Zo­la self in die ar­ti­kel “Ek en My Pa” (5 Ok­to­ber 1989).

Daar was die skan­daal toe die Pie­ter­ses ’n hof­be­vel kry teen Mi­ke se ver­meen­de min­na­res, Pin­kie Pel­ser (Huis­ge­noot, 27 A­pril 2006). Daar is heel­wat oor dié lief­des­drie­hoek ge­skin­der en Huis­ge­noot het selfs ’n ar­ti­kel ge­pu­bli­seer oor hoe jy jou hu­we­lik “Pin­kie­be­stand” kan maak.

Zo­la en Mi­ke se paaie het ty­de­lik ge­skei, maar hul­le is uit­ein­de­lik ver­soen en woon nou in A­me­ri­ka.

REGS: ’n Fo­to van die O­lim­pie­se hoog­spring­hel­din Est­her Brand in ’n 1954ar­ti­kel oor die wêreld se bes­te at­le­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.