LIGTE, KAMERA EN ... AKSIE!

Van Moe­der­tjie in 1931 tot Huis­ge­noot se eie ro­man­tie­se dra­ma in 2016 – men­se stroom steeds te­a­ter toe om A­fri­kaan­se flieks te kyk

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot -

DIT was ’n ge­val van lag, huil en tie­kie­draai tot in die harte van A­fri­kaans­spre­ken­des – van die heel eer­ste A­fri­kaan­se fliek, Moe­der­tjie, tot die meer on­lang­se Lief­ling en Vir Al­tyd. Maar A­fri­kaan­se pren­te het oor die ja­re ook om­stre­de sa­ke aan­ge­raak, soos Ka­tri­na in 1969 (ras­se­kwes­sies), ’n Pot Vol Win­ter (1992, tie­ner­seks) en 2015 se Dis Ek, Anna, wat am­per as por­no­gra­fie ge­klas­si­fi­seer is weens die te­ma van sek­su­e­le ge­weld.

GE­BOOR­TE VAN DIE ROLPRENT

In 1931 doen Huis­ge­noot die groot aan­kon­di­ging: “Afrikaans het weer ’n stap­pie ver­der ge­vor­der, want eers­daags sal dit sy ver­sky­ning maak op ’n ge­bied waar dit tot dus­ver nog maar skro­me­lik ver­waar­loos is, in ’n rol­prent­te­a­ter.”

Moe­der­tjie word die eer­ste A­fri­kaan­se klank­rol­prent, met Am­pie kort op sy hak­ke.

HANS-DIE-SKIPPER

Die ver­fil­ming van dié vroeë lo­ket­tref­fer het Her­ma­nus in die Wes-Kaap in 1952 in rep en roer ge­had.

Ver­al die ak­tri­ses wat daar op­ge­daag het om vroue van vis­sers te kom speel, was vir vis­sers­lui ’n aar­dig­heid.

“Rooi lip­pe en ge­verf­de wan­ge – gmm, waar het jy nou ge­sien dat vis­sers­vroue en -dog­ters daar­die dae (rond­om 1930) hul ge­sig­te met verf be­smeer het?” brom die vis­ser Her­bert de Kok teen­oor Huis­ge­noot.

Die be­ken­de ak­teur An­dré Hu­gue­net het Hans ver­tolk en We­na Nau­dé sy vrou. Her­bert K­ret­z­mer, een van die drie skry­wers wat D.F. Mal­her­be se ro­man vir die sil­wer­skerm aan­ge­pas het, het la­ter wê­reld­wyd be­kend ge­word as die li­riek­skry­wer van die weg­hol­suk­ses-mu­siek­bly­spel Les Miséra­bles.

JAMIE UYS

“Maat­skap­py van een man maak eer­ste A­fri­kaan­se kleur­film,’’ ju­bel Huis­ge­noot in Augustus 1950. Daar Doer in die Bos­veld was in­der­daad ’n een­man­ver­to­ning, met Jamie voor en ag­ter die kamera as draai­boek­skry­wer, hoof­rol­spe­ler en klank- en ka­me­ra­man.

Kort voor Kers­fees 1962 ver­skyn Jamie se krag­toer, Lor­dOomPiet, des­tyds­wyd­be­skou as Suid-A­fri­ka se groot­ste rolprent. Jamie is weer in die hoof­rol, as oom Piet Krom­hout, ’n ge­sie­ne Kaap­se boer en kan­di­daat vir die Na­si­o­na­le Par­ty wat ’n B­rit­se ti­tel erf.

Maar dis ver­al in die 1970’s dat hy van sy be­roemd­ste flieks maak. Met Beau­ti­ful Pe­op­le in 1974, ’n die­re­rol­prent wat ver­al ont­hou word vir ’n to­neel waar wil­de die­re van ma­roe­las dronk word, laat hy meer as R3 mil­joen in­rol. En in Januarie 1976, skryf Huis­ge­noot, bring hy met Fun­ny Pe­op­le ’n nu­we kon­sep na Suid-A­fri­ka: “’n ver­steek­te kamera wat hy ge­bruik om men­se se ei­en­aar­di­ge re­ak­sies in on­ge­wo­ne si­tu­a­sies af te neem”.

En nes ’n mens sou dink hy het die kruin van sy suk­ses be­haal, kom Jamie vo­ren­dag met die een­vou­di­ge ver­haal van ’n San-man wat ’n Co­ke-bot­tel by die rand van die aar­de wil gaan af­gooi. “In Pa­rys het dit in een bi­o­skoop oor die t­wee jaar on­on­der­bro­ke ge­draai . . . In Perth, Aus­tra­lië, het dit ’n te­a­ter ge­red wat op die rand­jie van ban­krot­skap ge­hui­wer het,” skryf Huis­ge­noot in 1987 oor The Gods Must Be Cra­zy, Jamie se in­ter­na­si­o­na­le tref­fer met Ma­ri­us Wey­ers en San­dra Prins­loo in die hoof­rol­le.

DIE 1980’S

Ar­nold Vos­loo, die Mum­my in die Hol­ly­wood-flieks, was in die 1980’s die ster van die ge­wild­ste A­fri­kaan­se flieks van daar­die tyd, Boe­tie Gaan Bor­der Toe en Boe­tie op Ma­noeu­vres. Skaars drie dae ná sy uit­rei­king het Boe­tie Gaan Bor­der Toe ver­by die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.