MET ’N LIED IN ONS HART

Van Mi­mi Coert­se tot Ka­ren Zoid, van Gé Kor­sten tot Kurt Dar­ren . . . Huis­ge­noot het nie net oor A­fri­kaan­se mu­siek ge­skryf nie, maar ook die be­dryf help blom

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot - (Blaai om)

AS JY kan jol, moet jy jol – maar nié op die maat van Wor­sie Vis­ser of Co­ra Ma­rie nie! Dis nou as die des­tyd­se Ra­dio Suid-A­fri­ka se Ed­will van Aar­de by jou ma­kie­tie die sweep kon klap. Dié ra­dio-om­roe­per het ’n “by­e­nes oop­ge­krap’’ toe hy se­ke­re A­fri­kaan­se kuns­te­naars soos Wor­sie en Co­ra Ma­rie op ra­dio wou ver­bied, ver­tel Huis­ge­noot in 1990. Hul mu­siek was net te vrot­sig om uit­ge­saai te word, het Ed­will be­sluit – en ’n e­nor­me de­bat ont­ke­ten.

Baie le­sers was nie ge­luk­kig met sy raad nie. As daar een ding is van Huis­ge­noot se le­sers: Hul­le is lief vir A­fri­kaan­se mu­siek in ál sy ge­daan­tes. Al van die tyd­skrif se vroeg­ste dae af.

Eistedd­fod-be­oor­de­laars en blad­mu­siek het in die be­gin­dae in Huis­ge­noot ge­pryk, maar die volk was lus vir ligter mu­siek. En na­ma­te die Ca­ri­ke Keu­zen­kamps en Son­ja Her­holdts ge­wild ge­word het, het Huis­ge­noot die le­sers ook ag­ter die skerms van hul per­soon­li­ke le­wens in­ge­neem . . .

KLAS­SIE­KE KLANKE

Sok­kie en Ska-Rum­ba sou Huis­ge­no­ters van wel­eer in skok laat te­rug­deins het, maar Suid-A­fri­ka se eie o­pe­ra­ster­re was ge­reeld in die kol­lig.

Voor in die koor was Mi­mi Coert­se, die boe­re­nooi wat in 1953 op 21 jaar ge­groet het om die bui­te­land ‘‘met ’n plat beur­sie en on­wrik­ba­re ver­troue van die jeug” aan te durf.

Teen 1958 het sy die boon­ste o­pe­ra­l­eer be­reik, skryf Huis­ge­noot, en sy het Eu­ro­pa se kies­keu­rig­ste mu­siek­lief­heb­bers in ver­voe­ring ge­had. Huis­ge­noot het selfs die dig­ter D.J. Op­per­man ge­vra om vir ons voor­blad ’n ge­dig oor haar te skryf . . . In die de­ka­de daar­op was Gé Kor­sten die groot naam. ‘‘ SA se eie Ma­rio Lan­za’’, soos Huis­ge­noot dié te­noor ge­noem het, het in 1967 ge­skie­de­nis ge­maak toe hy as o­pe­ra­ster ge­vra is om in vyf flieks te speel. Ve­le mu­siekster­re sou la­ter die­self­de paad­jie stap.

In die 1990’s skryf Huis­ge­noot steeds oor ’n iet­wat gry­ser Gé, nou ’n TV-ster in sy laas­te groot rol as die skat­ryk pa­tri­arg Walt Vor­ster in M-Net se se­pie E­go­li.

Huis­ge­noot het saam met die res van die land ge­rou toe Gé hom in 1999 op 71 jaar oud met sy pis­tool dood­skiet.

COWBOY-BOERTJIE

Die be­roem­de coun­try-ster Jim Ree­ves was gróót on­der Huis­ge­noot-le­sers. Dié boer­seun van Tex­as was so ge­wild dat die tyd­skrif in 1963 ’n kom­pe­ti­sie ge­hou het om ’n plaas­li­ke rol­prent­nooi vir hom te vind toe hy sy eer­ste fliek hier in Suid-A­fri­ka skiet.

T­wee maan­de la­ter was die 17-ja­ri­ge wen­ner, Ma­rie-Lou­i­se Ot­ten, op stel saam met dié i­koon op Mac Mac, die myn­dor­pie wat spe­si­aal bui­te Jo­han­nes­burg op­ge­rig is vir die fliek Kim­ber­ley Jim. Jim is toe net ’n jaar la­ter op 39 in ’n vlieg­tuig­on­ge­luk bui­te Nash­vil­le in A­me­ri­ka oor­le­de.

MOOISTE NOOI OP DIE KASSIE

Ont­moet een van Huis­ge­noot se ge­wild­ste voor­blad­nooi­ens ooit. Die ge­lief­de san­ge­res Ca­ri­ke Keu­zen­kamp, wat in 2009 by Skouspel vir haar le­wens­lan­ge by­drae tot mu­siek ver­eer is, het op die to­neel ver­skyn in Jamie Uys se 1967-rolprent Die Professor en die P­rik­kel­pop, en in 1977 het tien­dui­sen­de Huis­ge­noot-le­sers haar as die mooiste TV­nooi in die land aan­ge­wys.

Tog was die lewe vir dié tan­nie van die TV-kin­der­pro­gram Kraai­nes soms swaar. In 1978 wou Ca­ri­ke Kraai­nes vaar­wel toe­roep. Sy was bang dat haar roem haar kin­ders Wer­ner (6) en Car­la (4) sou skaad. ‘‘Dit maak my kin­ders ver­skrik­lik ver­leë as ons by­voor­beeld al­mal in ’ n re­stau­rant sit en ie­mand wink vir my uit die oor­kant­ste hoek . . .’’ het sy aan Huis­ge­noot ver­tel. Ge­luk­kig het haar man, Olaus van Zyl, haar tot an­der in­sig­te ge­bring.

Deur die ja­re het Ca­ri­ke die tref­fers in­ge­ryg – By­e­boer­wa, Bar­to­lo­meu Di­as en tal­le an­der – en la­ter ook nog kin­der­tref­fers soos Ca-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.