KYK SO VIR ROB & JA­NIE!

Huisgenoot 100 - - Gesinsgenoot -

­

S­len­ter­drag het baie aan­dag ge­kry en gim­kle­re het oor­ge­spoel mo­de toe. Han­dels­mer­ke het be­kend ge­word; ver­al na­me uit A­me­ri­ka soos Cal­vin Klein en Ralph Lau­ren.

“Ons het ’n paar nu­we mo­del­le ont­dek wat la­ter in­ter­na­si­o­na­le loop­ba­ne sou hê om­dat hul­le be­son­ders was,” ver­tel Ka­ren. “Jo­sie Bo­rain en A­lexa Sin­ger se eer­ste fo­to­ses­sies was in n Huis­ge­noot.”

Ka­ren word in 1982 op­ge­volgg deur Su­mien B­rink. Die groot­ste te mo­de van dié tyd was skou­e­rer­kus­sings, ver­tel sy.

“Hul­le was in al­les – tot in jou T­hemp en trui. En dan het ’n mens nog ’n ek­stra stel gaan koop om in te druk so­dat jou skou­ers nog gro­ter kon lyk. Dit het al­les te doen ge­had met die vrou in die werk­plek wat haar man­li­ke kol­le­ga op die­self­de vlak in die oë moes kon kyk.”

An­ne­ma­rie Mein­tjes, mo­de­re­dak­teur van 1983 tot1989, ont­hou Ma­don­na se kor­set­voor­koms en on­der­kle­re wat bo­kle­re ge­word het.

“Daar was won­der­li­ke swem­kos­tuums en baie kos­tuum­ju­we­le. Die an­dro­ge­ne voor­koms was baie in as­ook wit en ne­on­kleu­re – ne­on wat nie ne­on af­ge­neem of ge­druk het nie!”

Kyk jy na Huis­ge­noot se mo­de­ru­briek in die 1990’s, is ’n dui­de­li­ke ten­dens te be­speur: Die uit­spat­tig­he­de van die ja­re 80 (ha­re wat pe­no­rent in die lug staan, ne­on­kleu­re) het gaan­de­weg ge­wyk voor ’n meer be­sa­dig­de voor­koms. Een­vou­di­ge rok­kies in die so­mer, dalk met ’n blom­me­pa­troon, en minder oor­wel­di­gen­de haar­sty­le was weer nuus.

In dié de­ka­de word mo­de­ar­ti­kels ook meer ge­waagd en sluit ar­ti­kels met on­der­kle­re in. In die 1980’s was Rob Lowe o­ral – sy ge­sig in al wat ’n ro­man­tie­se fliek was, op plak­ka­te teen der­dui­sen­de tie­ner­mei­sies se ka­mer­mu­re. En by ge­leent­heid was hy selfs voor Huis­ge­noot se kamera!

An­ne­ma­rie Mein­tjes, mo­de­re­dak­teur vir die groot­ste deel van die de­ka­de, ver­tel Huis­ge­noot se des­tyd­se sin­di­ka­sie­hoof, Ju­ne Bo­tha, het kon­tak­te wê­reld­wyd ge­had en ge­re­ël dat ons Rob in New York af­neem.

“Ek het ’n fo­to­graaf, S­tan Wann, van Gla­mour se kan­toor in New York ge­kry en was al op pad na die fo­to­ses­sie toe Niel Ham­mann bel en sê hy stuur die Te­le­tien-mei­sie, Ja­nie du P­les­sis, oor – ek moet hul­le saam af­neem. Dit was ’n sto­rie en Niel was reg, Rob en Ja­nie kon broer en sus­ter ge­wees het,” ver­tel An­ne­ma­rie.

En was die su­per­ster Rob da­rem vrien­de­lik? “Hy was on­ge­loof­li lik. Ná die fo­to­ses­sie het hy saam met ons in S­tan se af­dak­mo­tor g ge­ry en vir ons gaan wys waar Mi­cha­el Jack­son se huis is.” Huis­ge­noot skryf ver­al in die 2000’s nie oor wat in mo­de­hoof­ste­de ge­beur nie, maar eer­der oor wat jy be­kos­tig­baar en prak­ties in jou plaas­li­ke­ket­ting­win­kel­kan­aan­skaf– en­wat­ter kle­re jóú spe­si­fiek goed sal laat lyk.

In die nu­we mil­len­ni­um het die pla­neet ’n glo­bal­vil­la­ge ge­word. Al­les is vin­nig o­ral be­skik­baar en van­weë so­si­a­le me­dia ver­sprei mo­de­nuus da­de­lik. Dit ver­oor­saak dat Suid­A­fri­ka nie meer ’n sei­soen of t­wee ag­ter Eu­ro­pa sloer nie.

Huis­ge­noot se hui­di­ge mo­de­re­dak­teur, Chu Su­wan­napha, spits hom daar­op toe om le­sers te wys hoe hul­le by­der­wets en aan­trek­lik kan lyk in kle­re wat nie hul bank­re­ke­ning gaan leeg­maak nie.

Chu ver­tel hy in­ter­pre­teer dit wat in die oor­se­se mo­de­hui­se ge­beur op so ’n ma­nier dat Huis­ge­noot­le­sers dit by ge­wo­ne win­kels kan koop en steeds kan lyk of hul­le pas van die loop­plank af­ge­stap het.

“Styl en smaak is die sleu­tel­woor­de wanneer dit by goed aan­trek kom,” glo hy. “Geld kan kle­re koop, maar dit kan nie styl of smaak koop nie.”

1990’s: Die so­me kruip weer op.

2010’s: LINKS: Die SA ge­bo­re in­ter­na­si­o­na­le mo­del B­rett S­hutt­le­worth po­seer vir Huis­ge­noot. REGS: Mo­de vir reg­te vroue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.