PRET VIR SNUITERS S

Van vroeg af was daar spe­si­a­le ale bal­jaar­blaaie vir kin­ders, en la­ter vir tie­ners ook

Huisgenoot 100 - - Gesinsgenoot -

‘BOL­LIE en sy vro­li­ke fa­mi­lie". Dis wat el­ke week bo­aan die stro­kie ge­staan het. Jy is ses of se­we jaar oud. Eers lees jou ma die week se Huis­ge­noot, dan kry jy hom. Jy blaai da­de­lik na die mid­del­ste deel van die tyd­skrif, want jy wil sien wat doen Bol­lie en sy t­wee sus­sies, Krab­bel en Boem­sie, van­dees­week in Ko­nyn­land. Wat was Bol­lie se vriend se naam nou weer? Blik­kies. En dan was daar ook T­joek-t­joek en oom Dik Daan, wat so lief was vir wor­tels.

Ar­me oom Dik Daan. Om­trent el­ke week het hy sy naam op die een of an­der ma­nier kra­ter ge­maak. Kruip hy, sê maar, in ’ n wyn­vaat­jie weg, kom ie­mand en laat die vaat­jie per on­ge­luk by ’ n af­draand af­rol, met oom Dik Daan bin­ne-in . . .

Hoe­veel oor­ge­wig, ef­fe lomp seuntjies in hier­die land het nie die by­naam Dik Daan ge­kry nie? Hoe­veel kleu­ter­sko­le is nie na Bol­lie ge­noem nie? Bol­lie is net so deel van ons A­fri­kaan­se men­se se be­wus­syn as prof. Chris Bar­nard en An­ne­li­ne K­riel.

In die 1980’s het Sa­rel See­mon­ster en Ka­rel Kraai van die TV-pro­gram Wie­lie Wa­lie ook hul op­wag­ting in Huis­ge­noot ge­maak. Dan was daar na­tuur­lik ook Kat-Astro­fes en H­ä­gar die Ver­skrik­li­ke – die lui Wi­king met die woes­te baard en die helm.

Maar Huis­ge­noot is ver­al be­kend vir ons blaaie wat kin­ders met hul skool­werk help. Fa­nie en Me­la­nie Ont­dek het me­ni­ge kind (en ou­er) se bas­vel­le ge­red, met in­lig­ting oor e­nig­iets van brul­pad­das tot die pi­ra­mi­des.

Fa­nie en Me­la­nie het van­af die 1960’s ver­skyn en is la­ter tot Ons Won­der­li­ke Wêreld her­doop. Dees­dae is daar Huis­ge­noot in die Klas­ka­mer, met fas­si­ne­ren­de in­fo­gra­fi­ka el­ke week wat in die di­gi­ta­le era met die hulp van ’n 3D-app "le­wen­dig" word!

Die af­ge­lo­pe de­ka­des bied Huis­ge­noot ook ’n he­le af­de­ling in die tyd­skrif vir am­per- en vol­bloed-tie­ners, vol­mo­de- en­le­wens­raad­en nuus oor die ster­re. Ho­pe­lik lees van­dag se Hei Jy!-le­sers al­mal nog Huis­ge­noot wanneer ons ons 150ste ver­jaar­dag vier!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.