EN DIE PRET HOU NET NIE OP NIE!

Reu­se­pry­se, weg­gee-aan­bie­dings, ten­toon­stel­lings, ek­stra boe­ke . . . dit was nog al­tyd dub­bel en dwars die moei­te werd om ’n Huis­ge­no­ter

Huisgenoot 100 - - Gesinsgenoot -

AS JY mooi was, kon jy wen. As jy minder mooi was, maar jy’t ’n oog vir ’n mooi mens, kon jy ook wen. Jy kon wen as jy soos Hei­di ge­lyk het, of soos Bry­an Ha­ba­na, of eint­lik e­ni­ge sport­ster. En al het jy soos nie­mand be­son­ders ge­lyk nie, maar vir een of t­wee men­sies was jy die bes­te pap­pa in die wêreld, kon jy steeds wen. Kon jy lekker koek bak? Aha! Met Huis­ge­noot-kom­pe­ti­sies oor die ja­re heen kon am­per e­nig­een wen, wen, wen!

Die tyd­skrif was nog nie ’n jaar oud nie, toe hou hy al sy eer­ste kom­pe­ti­sie. In 1916, met die maan­de­lik­se “On­ze Fo­to­gra­fie Wed­stri­jd’’, kon die wen­ner “10 sjil­ling” los­slaan en daar was ’ n boek­prys vir el­ke fo­to wat ge­plaas is.

In 1934 is daar vir die eer­ste keer ’n nu­we soort kom­pe­ti­sie: om te ver­neem “wat­ter rol­prent­ster­re die po­pu­lêr­ste on­der ons le­sers is”. Op die lys was on­der an­de­re Ja­net Gaynor, Clau­det­te Col­bert, F­re­dric March en C­li­ve Brook. Die le­ser wie se ly­sie “vol­gens die be­oor­de­laars die bes­te is’’, wen £2 2 sjil­lings.

Van die 1970’s af is daar ál meer kan­se om iets deur jou guns­te­ling-tyd­skrif te wen. Kin­ders was des­tyds Hei­di-be­tot­teld, en Huis­ge­noot wou in 1978 toe ons eie Hei­di vind.

Daar was R500 vir die wen­ner­tjie en R200 vir die fo­to­graaf wat haar af­ge­neem het. Die vier­ja­ri­ge “bek­ki­ge par­mant” Mi­chel­le de Lange van Ver­woerd­burg was die wen­ner met haar “wipneus en par­man­ti­ge fi­guur­tjie”. Net soos die reg­te Hei­di het die ge­sin Duits in die huis ge­praat. Die be­oor­de­laars was ’ n def­ti­ge groep: on­der an­de­re Ca­ri­ke Keu­zen­kamp, wat die A­fri­kaan­se te­ma­lied­jie op TV ge­sing het, An­ne­li­sa Wei­land, Hei­di se TV­stem, en Son­ja Her­holdt, des­tyds ’ n ge­wil­de nu­we­ling op die sang­to­neel.

In 1962 het Huis­ge­noot sy eer­ste “Me­juf­frou Tien­der­ja­re’’ ge­kroon. Han­ne­ke En­gel­brecht (18) se pry­se was ’n lug­reis na Eu­ro­pa, ’n re­toer-see­reis van Kaap­stad na Dur­ban, ’n ka­ra­koel­jas, ’ n rol­prent­ka­me­ra en ’ n e­lek­trie­se naai­ma­sjien. De­ka­des daar­na nog was Mej. Tie­ner vir baie le­sers ’ n hoog­te­punt.

“Som­mi­ge mei­sies is soos ’ n een­dag­le­lie. Be­won­der haar gou, want mô­re het sy ver­welk. An­der her­in­ner aan ’ n gla­sie goeie wyn – ’ n jaar of t­wee by en sy is nog be­ter,’’ skryf ons oor Já­ni­ne Botbyl toe sy in 1988 Mej. Suid-A­fri­ka word – sy was vier jaar te­vo­re ’ n se­mifi­na­lis in Huis­ge­noot se Mej. Tie­ner-wed­stryd.

In 1975 soek Huis­ge­noot die I­de­a­le Vrou, en mev. H.L. F­ried­lings­dorf wen on­der meer R1 000. Die be­oor­de­laars is baie be­ïn­druk daar­mee dat sy ’n dok­ter én ma van drie is.

In 1983 hou Huis­ge­noot vir die eer­ste keer een van die ge­wil­de ma-en-kind-kom­pe­ti­sies, met gul pry­se soos ’n mo­tor. Ma en kind pryk boon­op op die voor­blad.

Die pry­se van die ver­skil­len­de kom­pe­ti­sies is soms heel on­ge­woon. Bles B­rid­ges se baad­jies was op ’ n kol te wen. La­ter het Eve Ga­tes van Jo­han­nes­burg in ’ n bad vol R5­no­te (R100 000 al­te­saam) vir Huis­ge­noot po­seer. Eve het die top-10 mooiste mans ter wêreld am­per in die reg­te volg­or­de ge­plaas – Huis­ge­noot het die mooi mans ge­kies en die le­sers moes die volg­or­de raai.

‘Pap­pa, jy het ge­wen! Ek het mos ge­sê jy gaan. Jy is die bes­te, bes­te pap­pa’

Me­ky­le Vic­tor (6) aan pa To­ny, ’n ge­strem­de en­kel­ou­er en wen­ner van ons Pap­pa Per­fek-wed­stryd in 2003

LINKS BO: Die san­ge­res Son­ja Her­holdt po­seer in 1978 saam met Huis­ge­noot se Hei­di-e­we­beeld. LINKS: Eve Ga­tes, ’n le­ser, po­seer in 1992 in ’n bad met die R100 000 se R5-no­te wat sy los­ge­slaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.