PREN­TE, DIE­RE EN AN­DER PLESIERE

Huisgenoot 100 - - Gesinsgenoot -

Wed­stry­de was maar een van die ma­nie­re waar­op Huis­ge­noot oor die ja­re vir sy le­sers ek­stra pret ver­skaf het. Hier volg nog ’n paar. Het jy in die 1970’s oor­nag skie­lik baie men­se met die­self­de prent van die Bee Gees of die TV-ster Mi­cha­el Landon op hul T-hem­de ge­sien? Dis om­dat Huis­ge­noot el­ke week die ge­sig van ’n be­ken­de ge­pu­bli­seer het wat jy met ’n stryk­ys­ter op jou kle­re kon af­stryk. Selfs El­vis het ’n beurt ge­kry. Kort ná Pols en Tem­po het nog han­dels­merk­uit­brei­dings ge­volg. Daar was ook een­ma­li­ge pu­bli­ka­sies, soos ’n be­kroon­de ge­denk­tyd­skrif met die dood van oud­pres. Nel­son Man­de­la. In 2016 ver­skyn ver­skeie re­sep­te­tyd­skrif­te, blok­raai­tyd­skrif­te, selfs ’n tyd­skrif oor die ruim­te. En na­tuur­lik die boek wat jy nou in jou hand vas­hou. Wie ont­hou nog daai pren­te in die laat 1980’s? Op die oog af net ’n klomp pa­tro­ne, maar as jy dit teen jou neus hou en die blad­sy sta­dig weg­be­weeg, spring ’n dier of pla­neet uit. Me­ni­ge jong le­ser het dit teen hul ka­mer­muur ge­plak. In 2007 was daar met­eens ’n ding op die rak wat so half en half soos Huis­ge­noot lyk – die eer­ste uit­ga­we van Pols, ons tyd­skrif wat op ge­sond­heids­kwes­sies ge­fo­kus het. In 2008 volg Tem­po, ’n tyd­skrif wat in sy ge­heel aan A­fri­kaan­se mu­siek ge­wy is. In 2014 word in­ter­ak­tie­we uit­stal­lings saam met ons sus­ter­tyd­skrif­te, YOU en Drum, een van ons groot plesiere. Daar was Days of the Di­no­saur met sy brul­len­de di­no­sou­rus­se en Ice Age met sy sneeu­storms. En in 2016 is daar Ga­te­way to S­pa­ce met on­der meer le­wens­groo­te-re­pli­kas van die Mir-ruim­te­s­ta­sie en A­pol­lo, as­ook ’n reg­te maan­klip. Bin­ne een jaar na­dat Huis­ge­noot in 2010 Fa­ce­book be­tree het, het ons blad al 50 000 “li­kes” ge­had. Van­dag is ons een van die lei­ers in Afrikaans op so­si­a­le me­dia met ons meer as 370 000 Fa­ce­book-vol­ge­lin­ge, en meer as 100 000 op T­wit­ter. Ons by­na 3 mil­joen ky­ke op YouTu­be maak ons ook ’n top­spe­ler daar. Huis­ge­noot se web­tuis­te het al meer as ’n mil­joen u­nie­ke ge­brui­kers in een maand ge­lok. En dan – net om se­ker te maak die klein­tjies word nie af­ge­skeep nie – het ons ’n app ont­wik­kel waar­mee kin­ders jon­ger as se­we speel-speel kan leer.

DI­GI­TAAL

3D-PREN­TE

POLS EN TEM­PO

UIT­STAL­LINGS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.