Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Afrika-plathoende­r met chermoulas­meer

AFRIKA-PLATHOENDE­R MET CHERMOULA-SMEER

-

1 hoender, deur die ruggraat oopgesny soutenpepe­r

45 ml (3 e) olyfolie

250 ml (1 k) chermoula-pasta, gekoop of

gemaak (resep regs) gekapte rooi-ui, gekapte vars pietersiel­ie

en suurlemoen­helftes vir garnering

1 Druk die hoender plat en geur met sout en peper.

2 Meng die olyfolie met die chermoulap­asta en smeer oor die velkant van die hoender.

3 Bedek en laat 4 uur of oornag marineer.

4 Braai 40-50 minute oor matige kole tot die vleissap helder is. Verf van tyd tot tyd van die chermoula-mengsel oor. 5 Garneer met die rooi-ui, pietersiel­ie en suurlemoen, en sit voor saam met ’n keker-ertjiestow­e (resep onder). CHERMOULA

125 ml (½ k) elk koljander

en pietersiel­ieblare 4 knoffelhui­sies, gekap

30 ml (2 e) elk druiweasyn en

suurlemoen­sap

2 ml (½ t) elk fyn komyn en

brandrissi­epoeier

7 ml (1½ t) paprika sout

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding 10 minute Marineerty­d 4 uur of oornag Braaityd 40-50 minute

Plaas al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en verwerk tot glad.

Die chermoula kan tot ’n week in die yskas gehou word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa