Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Châteaubri­and met camembert en groenvye

CHÂTEAUBRI­AND MET CAMEMBERT EN GROENVYE

-

Châteaubri­and is die koning van steaks. Dis die boonste dik deel van ’n filet en is net genoeg vir een of twee mense.

1 bostuk van ’n filet,

in 2 gesny sout en peper olie

125 g (1 wiel)

camembertk­aas 320 g groenvye,

in kwarte gesny

1 Kap elke stuk steak effens platter met die agterkant van jou hand. As jy nou met sout en peper wil geur, moet jy die steak 20 minute laat staan voor dit gebraai word.

2 Plaas die steak oor die kole en giet ’n klein bietjie olie op die kole om vlamme te maak (wees versigtig!). Braai sowat 2 minute, draai om en braai nog 4 minute of tot gaar volgens jou smaak. Draai nog twee keer. Geur met sout as jy nog nie het nie. Laat 10 minute rus. 3 Braai intussen die kaaswiel sowat 3 minute per kant oor effens warm kole. Verwyder net voor die kaas begin smelt. Plaas bo-op die steak en sit voor saam met die vye.

KELLY EN TILLA (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 10, VIA (DSTV-KANAAL 147))

GENOEG VIR 1-2 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 4-6 minute Staantyd 10-30 minute

FLAMBÉ-STEAK Braai die steaks in olie en botter in ’n groot pan oor die kole. Voeg ’n sopie (30 ml of 2 e) brandewyn by. Kantel die pan na die vuur om die brandewyn aan die brand te steek. Wag tot die vlamme in die pan doodgaan en verwyder die steaks uit die pan. Voeg 180 ml (¾ k) room en peperkorre­ls by die pansappe in die pan en roer tot die sous begin borrel. Laat afkook. Geur met sout en peper en sit voor saam met die steak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa