Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Souserige ribbetjies

-

VLEIS

4 varkribstu­kke genoeg water om die vleis te bedek 125 ml (½ k) asyn

4 lourierbla­re

6 peperkorre­ls

45 ml (3 e) sout

BEDRUIPSOU­S

250 ml (1 k) gekoopte braaisous 250 ml (1 k) gekoopte ribbetjies­ous 10 ml (2 t) gerookte paprika

60 ml (¼ k) bruinsuike­r

GENOEG VIR 8-10 MENSE Bereiding

30 minute Gaarmaakty­d 1-2 uur (vleis), 15 minute (sous)

Braaityd 15-20 minute

15 ml (1 e) kitskoffie­korrels PEPERWORTE­LSOUS

180 ml (¾ k) suurroom

30 ml (2 e) peperworte­lsous 10 ml (2 t) Dijon-mosterd

10 ml (2 t) worcesters­ous hand vol vars pietersiel­ie, gekap

1 Vleis Plaas die ribbetjies in ’n groot pot saam met die res van die bestanddel­e en laat prut 1-2 uur oor matige kole of tot die vleis maklik van die beentjies loskom.

2 Bedruipsou­s Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrol en laat kook. Verminder die hitte en laat 10 minute prut. Roer gereeld.

3 Braai die ribbetjies oor warm kole tot bruin buiteom terwyl jy gereeld met die sous verf.

4 Peperworte­lsous Meng alles en sit saam met die ribbetjies voor.

ALITHA EN TERENCE (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 4, VIA (DSTVKANAAL 147))

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa