Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Oosterse varklies en kaiings

OOSTERSE VARKLIES EN KAIINGS

-

VLEIS

2 kg varklies, swoerd verwyder (hou die

swoerd eenkant)

60 ml (¼ k) Oosterse smeersel (Asian rub) sout en peper

GLASEERSEL

30 ml (2 e) gerasperde vars gemmer 1 brandrissi­e, gekap

15 ml (1 e) sesamolie

2-3 knoffelhui­sies, fyn gekap

125 ml (½ k) sojasous

30 ml (2 e) Indonesies­e soet sojasous

15 ml (1 e) hoisinsous

30 ml (2 e) heuning

2 lemmetjies se skil en sap

1,5 kg gaar patats, fyn gemaak en met 50 g botter gemeng vir voorsit (resep vir patats in die kole gaarmaak op bl. 72)

1 Vleis Vryf die vleis met die Oosterse smeersel in en plaas in ’n vuurvaste bak met die vetkant na bo.

2 Plaas op die boonste rooster van ’n ketelbraai­er oor lae hitte (150 °C in ’n ketelbraai­er met ’n temperatuu­rmeter). Maak die deksel toe. Bak 3-3½ uur tot die bokant bruin en bros en die vleis sag is.

3 Laat heeltemal afkoel, draai in foelie toe en verkoel oornag.

4 Voorverhit die oondrooste­r. Sny die swoerd in repe, geur goed met sout en peper en rooster sowat 40 minute tot bros kaiings vorm.

5 Glaseersel Meng alles en hou eenkant.

6 Sny die lies in dik skywe en braai 1015 minute oor matige kole. Verf deurentyd met die glaseersel tot dit taai word.

7 Sit voor saam met die fynpatat en kaiings.

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding 15 minute Staantyd

oornag Gaarmaakty­d 3-3½ uur (varklies), 40 minute (kaiings) Braaityd 10-15 minute

(varklies) GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 30 minute Marineerty­d oornag Braaityd

3 uur

 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa