Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Jamaikaans­e rafelboud in die ketelbraai

-

JAMAIKAANS­E (JERK-) SOUS

375 ml (1½ k) sojasous 125 ml (½ k) olyfolie

3 uie, grof gekap 10 brandrissi­es, gekap 1 bossie sprietuie, gekap 6 knoffelhui­sies

4 vars roosmarynt­akkies 250 ml (1 k) rooiwynasy­n

125 ml (½ k) bruinsuike­r 10 ml (2 t) swartpeper­korrels

5 ml (1 t) fyn naeltjies

5 ml (1 t) fyn neutmuskaa­t 5 ml (1 t) fyn pimento

5 ml (1 t) fyn kaneel VLEIS

2-3 kg lamsboud sout en peper

SALSA

¼ elk komkommer, spanspek en papaja, alles in blokkies gesny 1 avokado, in blokkies

gesny

1 rooi-ui, in skyfies gesny hand vol grasuie, gekap JAMAIKAANS­E PLATBROOD 1 kg broodmeel

100 g bruinsuike­r

10 g bakpoeier

10 g sout

200 g botter

625 ml (2½ k) water

1 Sous Verwerk al die bestanddel­e tot glad en dik.

2 Vleis Geur die boud met die sout en peper en plaas in ’n braaipan wat in ’n ketelbraai­er pas. Giet die sous oor die vleis en voeg water by tot die pan half vol is. Braai sowat 4 uur oor effens warm kole (as jy ’n ketel-temperatuu­rmeter het, moet dit teen sowat 120 °C wees) tot die vleis van die been loskom. Haal die deksel ná 2 uur af. 3 Salsa Meng die bestanddel­e, bedek met kleefplast­iek en verkoel.

4 Brood Sif intussen die meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter in tot die tekstuur soos broodkrumm­els is. Maak ’n holte in die middel, giet die water in en meng met ’n houtlepel tot ’n deeg vorm.

5 Knie tot glad en verdeel in 10 ewe groot dele. Rol elke deel sowat 1 mm dik uit en braai 2 minute per kant oor matige kole tot gaar.

6 Pluis die lamsboud met twee vurke en sit voor saam met die salsa en brood.

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding 30 minute Braaityd

4 uur (boud), 2 minute per kant (brood)

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa