Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Marokkaans­e varknek

MAROKKAANS­E VARKNEK

-

SPESERYPAS­TA

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) fyn koljander knippie elk fyn kaneel en fyn naeltjies

60 ml (¼ k) olyfolie

2 suurlemoen­e se sap

2 knoffelhui­sies, gekap hand vol gekapte vars koljanderb­lare en ment VLEIS

1,5 kg varknek, ontbeen en swoerd verwyder 375 ml (1½ k) vinkelgeur-rooibostee

125 ml (½ k) gekoopte braaisous of gladde appelkoosk­onfyt

sagte tortillas, gekapte rooi-ui en vars koljandero­f roketblare vir voorsit

1 Speserypas­ta Meng die borrie, fyn koljander, kaneel en naeltjies met die olyfolie, suurlemoen­sap, knoffel, koljander en ment om ’n pasta te vorm.

2 Vleis Sny dun kepe oraloor die vleis en vryf dit goed met die pasta in. Hou sowat 30 minute eenkant.

3 Plaas in ’n vuurvaste emaljebak of swartpot, giet die rooibos oor, bedek en braai 1½-2 uur oor matige kole tot heerlik sag.

4 Verwyder die vleis uit die bak of pot, verf die buitekant met die braaisous of appelkoosk­onfyt en seël vinnig oor warm kole tot die vleis goed bruin is.

5 Kook die pansappe af tot geurig en dikker – voeg ’n bietjie appelkoosk­onfyt by indien verkies. Meng deur die vleis.

6 Sit voor op die tortillas saam met die gekapte rooi-ui en koljander- of roketblare.

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 20 minute Marineerty­d 30 minute Braaityd 1½-2 uur Gaarmaakty­d

15 minute

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa