Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Rooihoende­r op pasta

-

ROOIHOENDE­R OP PASTA

1 sakkie (200 ml) songedroog­detamatie-pesto 250 ml (1 k) volroomjog­urt

250 ml (1 k) mayonnaise

van ’n goeie gehalte 8 hoenderpor­sies (dytjies

en boudjies) sout en peper

500 g gaar pennepasta hand vol swartolywe 80ml( k) gerasperde

pecorino-kaas basiliebla­re en pistachion­eute vir afronding (opsioneel)

1 Meng die pesto met twee derdes van die jogurt en ’n derde van die mayonnaise.

2 Sny 2-3 kepe in die dik vleisgedee­ltes van die boudjies en dytjies en geur met die sout en peper.

3 Smeer die pesto-pasta goed in die hoender in en laat 1 uur staan. Hou die oorskietpe­sto eenkant.

4 Braai sowat 45 minute hoog bo matige kole of tot die hoender sag en gaar is. Draai gereeld om.

5 Voeg intussen nog jogurt en mayonnaise by die oorskiet-pesto en laat dit in ’n potjie prut. Roer die jogurt-pesto-sous deur die gaar pasta en voeg die olywe by.

6 Rasper die kaas oor. Sprinkel die basilie en neute oor die pasta indien verkies. Sit dit voor saam met die gaar hoender.

GENOEG VIR 4-6 MENSE Staantyd

1 uur Bereiding 15 minute Braaityd 45 minute

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa