T-been-ste­ak met ge­geur­de bot­ter

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

1 T-been-ste­ak (dit het fi­let aan die een en kruisskyf aan die an­der kant) sout en mos­terd­poei­er na smaak

80 ml (¹⁄³ k) o­lyf­o­lie ge­geur­de bot­ter van jou keu­se (ka­mer­tem­pe­ra­tuur, resepte hier­on­der)

1 Geur die ste­ak met die sout en mos­terd. Laat 20 mi­nu­te rus. Smeer in met die o­lie.

2 Braai oor baie warm ko­le. Draai ná so­wat 5 mi­nu­te om wan­neer die ste­ak van die roos­ter los­kom. Braai tot gaar vol­gens jou smaak en laat 10 mi­nu­te rus. Sit voor met een of twee klon­te ge­geur­de bot­ter.

GE­GEUR­DE BOTTERS KRUI­E­BOT­TER

125 g bot­ter

10 ml (2 t) fyn ge­maak­te knof­fel 15 ml (1 e) mos­terd­poei­er

15 ml (1 e) elk ge­kap­te gras­uie en

vars pie­ter­sie­lie

15 ml (1 e) suur­le­moen­sap sout en pe­per

1 Ver­hit 15 ml (1 e) van die bot­ter en braai die knof­fel tot sag. Laat af­koel en meng met die o­ri­ge bot­ter en be­stand­de­le.

2 Vorm ’n rol, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel. Sny en sit

voor saam met die ste­ak.

ANSJOVISBOTTER

125 ml (½ k) an­sjo­vis in o­lie,

ge­drei­neer en fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 60 ml (¼ k) suur­le­moen­sap 60 ml (¼ k) ge­kap­te vars

pie­ter­sie­lie

250 g bot­ter

Meng al die be­stand­de­le. Vorm ’n rol, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel. Sny in sky­fies en sit voor saam met die ste­ak.

1 * Sny ’n he­le fi­let in in­di­vi­du­e­le ste­aks van 3-4 cm dik en braai op die­self­de ma­nier. * ’n He­le len­de­stuk kan ook op die­self­de ma­nier be­rei word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.