Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Varktjops met rooibossme­ersel

-

SMEERSEL

2 rooibostee­sakkies, brandrissi­e-en-gemmerof vinkelgeur

5 ml (1 t) growwe sout

3 ml (ruim ½ t) droë tiemie 45 ml (3 e) olyfolie

VLEIS

4 varklendet­jops olie SAMPIOENE botter en olie

1 pakkie (300 g) gekaptesam­pioenmengs­el

80 ml (¹⁄₃ k) groenteaft­reksel 45 ml (3 e) rysasyn

45 ml (3 e) sojasous

5 ml (1 t) suiker vars koljanderb­lare (opsioneel)

1 Smeersel Skeur die teesakkies oop en plaas die inhoud in ’n klein voedselver­werker of koffiemeul. Voeg die sout en tiemie by. Maak fyn en voeg net genoeg olie by om ’n pasta te vorm.

2 Vleis Smeer die smeersel oor die varktjops en laat 2030 minute marineer. Braai sowat 10 minute oor matige kole of tot die vleis net gaar is, maar nie droog nie. Draai dikwels om en verf met olie.

3 Sampioene Verhit ’n bietjie botter en olie in ’n swartboomp­an en braai die sampioene. Roer so min moontlik. Voeg die aftreksel, asyn, sojasous en suiker by en roerbraai tot die meeste vloeistof verdamp het.

4 Kap die koljanderb­lare op en sprinkel oor die sampioenme­ngsel indien verkies. Sit die sampioene saam met die tjops voor.

GENOEG VIR

4MENSE Bereiding 15 minute Marineerty­d 20-30 minute

Braaityd 10-15 minute

(tjops), 10 minute (sampioene)

 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa