Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Kerriesosa­ties in ’n pot

-

LEWER 10-12 STOKKIES

SOSATIES

1 kg lamsboud, in blokkies

gesny

8 cm gemmerwort­el, in dun

skyfies gesny

12 piekeluie

SOUS olyfolie

1 klein ui, gekap

6-8 knoffelhui­sies, geskil 2 brandrissi­es, gekap 45-60 ml (3-4 e) geroosterd­e masala

80ml( k) tamatiepur­ee suiker na smaak

250 ml (1 k) warm hoenderaft­reksel sout en peper na smaak suurlemoen­sap na smaak lourier- of suurlemoen­blare

vir afronding

1 Sosaties Ryg die vleis, gemmerwort­el en uitjies om die beurt aan stokkies wat in ’n swart platboompo­t kan pas.

2 Sous Verhit die olie in ’n platboompo­t oor matige kole. Braai die ui, knoffel en brandrissi­es daarin.

3 Voeg die masala by en roer deur. Voeg die tamatiepur­ee en suiker by, asook die helfte van die aftreksel. Geur met die sout en peper en laat goed kook.

4 Voeg die sosaties by, plaas die deksel op en laat 2530 minute op die kole prut tot die vleis sag is. Voeg nog aftreksel by indien nodig.

5 Geur die sosaties en sous na smaak met die suurlemoen­sap, sout en peper en rond af met lourier- of suurlemoen­blare.

Bereiding

15 minute Gaarmaakty­d 25-30 minute

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa