Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Knoffel-en-kruiesous

-

VLEIS

2 kg varklies

3 L (12 k) kokende water seesout

MARINADE

340 ml Griekse slaaisous 15 ml (1 e) suiker pas gemaalde peper

slaai vir voorsit

1 Vleis Plaas die vleis in ’n braaipan en giet die kokende water stadig oor die swoerd. Die swoerd sal wit word en begin opkrul. Maak deeglik droog en besprinkel die swoerd ruim met die seesout.

2 Marinade Meng die bestanddel­e goed en giet in ’n groot genoeg bak. Plaas die vleis swoerd na bo in die mengsel. Die marinade moenie aan die swoerd raak nie. Bedek met kleefplast­iek en laat oornag in die yskas.

3 Plaas die vleis op die spit oor lae kole en braai 2 uur terwyl dit draai. Staak die draaiaksie. Verf die vleis met die marinade. Plaas die vleis nader aan die kole met die swoerd na onder en braai 30 minute sonder om te draai tot die swoerd bros is. Laat draai weer en braai 30 minute terwyl die swoerd gereeld geverf word tot dit bruin en krakerig is. 4 Verwyder die vleis van die spit en sny met ’nskerpmesi­nrepe.

5 Sit voor saam met ’n slaai.

ANTON EN NAOMI (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 3, VIA (DSTV-KANAAL 147))

 ??  ?? Maak die varklies in die ketelbraai gaar: Bak 2 uur in ’n vuurvaste bak op die hoogste rak
teen 150 °C.
Maak die varklies in die ketelbraai gaar: Bak 2 uur in ’n vuurvaste bak op die hoogste rak teen 150 °C.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa