Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Heelfilet met kruie

-

VLEIS

1 kg heel beesfilet

60 ml (¼ k) olyfolie

80 ml (¹⁄₃ k) worcesters­ous 10 ml (2 t) koljanders­ade 10 ml (2 t) mosterdsad­e seesout en swartpeper 10 ml (2 t) brandrissi­evlokkies

GENOEG VIR 8-10 MENSE Bereiding

5 minute Staantyd 30-35 minute, 10 minute Braaityd 30-45 minute

(vleis) Gaarmaakty­d 10 minute (sous)

15 ml (1 e) droë origanum MOSTERDSOU­S

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) room

15 ml (1 e) Dijon-mosterd 1 suurlemoen se skil hand vol vars pietersiel­ie,

gekap

1 Vleis Smeer die filet met die olyfolie en worcesters­ous en laat ’n paar minute staan.

2 Rooster intussen die sade in ’n warm pan en plaas in ’n vysel met stamper. Voeg die sout, peper, brandrissi­evlokkies en origanum by en maak effens fyn. Dit moet ’n growwe tekstuur hê.

3 Vryf die filet daarmee in en laat nog 30 minute staan.

4 Braai 10-12 minute oor baie warm kole en nog 2030 minute oor matig warm kole. Plaas op ’n houtbord en laat 10 minute rus.

5 Sous Smelt die botter in ’n pan. Voeg die meel by, roer om ’n pasta te vorm en roer die room stadig by. Verminder die hitte, voeg die res van die bestanddel­e by en laat ’n minuut prut tot dit verdik het en goed gaar is.

6 Sny die vleis in skyfies en sit voor saam met die sous.

RUDI EN NATASHA (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 2, VIA (DSTV-KANAAL 147))

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa