Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Sojavark-stokkies

-

MARINADE

180 ml (¾ k) sojasous

125 ml (½ k) rys- of appelasyn

6-8 knoffelhui­sies, fyn gedruk

1 ui, fyn gekap

30 ml (2 e) strooisuik­er

4 lourierbla­re

30-45 ml (2-3 e) olie hand vol gekapte koljanderb­lare

VLEIS

1 kg varknek, in groot blokke gesny skyfies of wiggies van 4 lemmetjies of 4 suurlemoen­e

(opsioneel) vars koljanderb­lare en lemmetjies vir afronding

LEWER 10-12 STOKKIES Bereiding 10 minute Marineerty­d oornag Braaityd 25 minute

1 Marinade Meng al die bestanddel­e vir die marinade.

2 Vleis Laat die vleis oornag marineer.

3 Verwyder die vleis uit die marinade en hou die marinade eenkant. Ryg die vleis aan sosatiesto­kkies of louriertak­kies. Indien verkies, kan dit om die beurt saam met lemmetjie- of suurlemoen­skyfies geryg word.

4 Braai sowat 25 minute oor matige kole tot die vleis bruin is maar nie droog nie. Verf van tyd tot tyd van die marinademe­ngsel oor.

5 Garneer met vars koljanderb­lare en lemmetjies­kywe.

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa