Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Anys-plathoende­r

-

MARINADE

30-45 ml (2-3 e) anyssaad of vinkel

10 ml (2 t) paprika

2 ml (½ t) rooipeper

60-80 ml (¼- k) koljanderb­lare 3 suurlemoen­e se sap en skil

2 klein uie, baie fyn gekap

5 cm-stuk gemmerwort­el, gerasper 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk

250 ml (1 k) olyfolie sout en pas gemaalde swartpeper

HOENDER

1 hoender of 2 piepkuiken­s, langs die ruggraat

oopgesny en platgedruk

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding 15 minute Marineerty­d oornag Braaityd 45-60 minute

1 Marinade Meng al die bestanddel­e.

2 Hoender Giet die marinade oor die hoender en laat oornag in die yskas marineer. Verwyder uit die yskas en bring tot kamertempe­ratuur.

3 Steek die boudjies en vlerkies met sosatiesto­kkies vas sodat die vlerkies oor die bors en die bopunt van die boudjies teen die lyf rus (sien die foto links).

4 Braai die hoender 45-60 minute hoog bo matige kole tot gaar en goudbruin. Draai dikwels om en verf met die marinade.

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa