Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Gestopte varknek

-

VULSEL

3 roosmarynt­akkies se

blaartjies hand vol vars salie 15 ml (1 e) gerasperde

suurlemoen­skil

2 ml (½ t) brandrissi­evlokkies 2-3 knoffelhui­sies

1-2 wiele fetakaas olyfolie

VLEIS

1 varknek (1,5 kg), ontbeen

en swoerd verwyder sout en peper olie

1 Vulsel Kap al die bestanddel­e behalwe die olie in ’n voedselver­werker fyn. Voeg net genoeg olie deur die tuit om ’n smeerbare pasta te vorm.

2 Vleis Sny ’n paar kepe in die vlesige kant van die varknek en druk die vleis met die onderste deel van jou handpalm plat. Geur met sout en peper en smeer die vulsel oor. Vou toe en bind met tou vas.

3 Vryf die olie buiteom die vleis. Geur met die sout en peper en braai vinnig oor warm kole tot bruin buiteom.

4 Krap sommige van die kole na die kante toe, bedek die vleis met ’n deksel of tinfoelie en braai 1½-2 uur oor laer hitte tot die vleis net gaar is (interne temperatuu­r van 85 °C).

5 Verwyder die vleis van die vuur, bedek met foelie en laat 30 minute rus. Sny in skywe en sit voor.

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 30 minute Braaityd 1½-2 uur Rustyd 30 minute

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa