Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Ramen-soppotjie

-

VLEIS

5 ml (1 t) knoffel-gemmer-en-brandrissi­epasta 5 ml (1 t) gerookte paprika

2 ml (½ t) fyn kaneel sout en peper na smaak

750 g varklies of ontbeende varknek,

in repies gesny

30 ml (2 e) olyfolie

125 g sampioene

250 ml (1 k) hoenderaft­reksel

AFTREKSEL

1 L (4 k) hoenderaft­reksel van ’n goeie gehalte 30 ml (2 e) ligte sojasous

30 ml (2 e) misopasta of donker sojasous 10 ml (2 t) knoffel-gemmer-en-brandrissi­e

pasta

5-10 ml (1-2 t) sesamolie

1 steranys

AFRONDING

250 g eiernoedel­s of kits-ramennoede­ls, volgens aanwysings op die pakkie gaargemaak 2 sprietuie, dun gesny

1 brandrissi­e, dun gesny hand vol vars koljander

1 Vleis Meng die pasta, paprika, kaneel, sout en peper en vryf die vleisrepie­s daarmee in. Braai die vleis 10 minute in verhitte olyfolie in ’n kastrol. Voeg die sampioene by en braai nog 3 minute. Giet ’n bietjie hoenderaft­reksel by soos nodig en braai tot sag en bros. Skep uit en vee die meeste vet uit die kastrol.

2 Aftreksel Giet al die aftrekselb­estanddele in die uitgeveede kastrol, plaas terug op die kole en laat 15 minute stadig prut.

3 Afronding Verdeel die gaar noedels tussen 4 bakkies, giet die sop deur ’n sif oor en rond af met die stukkies vark, sampioene, sprietuie, brandrissi­e en koljander.

2 GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding 20 minute Gaarmaakty­d 25-30 minute

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa