Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Rafelwild

-

MARINADE

180 ml (¾ k) vars

suurlemoen­sap 1 suurlemoen se skil 20 ml (4 t) balsemie

ke asyn

60 ml (¼ k) olyfolie 2 knoffelhui­sies,

fyn gedruk

5 heel naeltjies

3 ml (ruim ½ t)

witpeper

10 ml (2 t) geroosterd­e koljander, fyn gemaal

VLEIS

1,5 kg wildsvleis soos springbok, opgesaag

500 g lamskenkel­s

of lamstowevl­eis 250 g spekvleis,

in stukkies gesny 2 middelslag-uie,

gekap 2 knoffelhui­sies,

fyn gedruk

375 ml (1½ k) water sout na smaak

250 ml (1 k) rooiwyn 15 ml (1 e) koekmeel 30 ml (2 e) kweperjell­ie of fyn appelkoosk­onfyt

15 ml (1 e) volroom natuurlike jogurt (opsioneel)

appelliefi­es en gaar

koring vir voorsit

1 Marinade Meng al die bestanddel­e.

2 Vleis Laat die wilds- en lamsvleis oornag in die marinade lê.

3 Braai die spekvleis, uie en knoffel in ’n swartpotji­e oor warm kole tot die uie sag is. 4 Voeg die gemarineer­de wild en lam saam met die marinade en water by. Geur met die sout. Plaas die deksel op en kook 3-4 uur oor matige kole tot die vleis van die bene afval.

5 Skep in ’n groot skottel en laat effens afkoel. Verwyder alle bene, trek die vleis in rafels met twee vurke en meng deeglik.

6 Maak ’n pasta van die rooiwyn, koekmeel en jellie of konfyt en roer deur die vleis.

Giet terug in die potjie en verhit weer tot deurgekook en goed warm. Roer die jogurt deur indien verkies.

7 Sit voor saam met die appelliefi­es en koring.

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding 20 minute Marineerty­d

oornag Gaarmaakty­d

3-4 uur

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa