Pi­canha

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

Die naam (pie-kán-ja uit­ge­spreek) val dalk nie so mak­lik op die Suid-A­fri­kaan­se tong nie, maar daar’s niks las­tigs aan die smaak nie! Dis hoe­kom pi­canha so ge­wild in Bra­si­lië is.

Die snit is aan die bo­kant van die kruisskyf, en die ge­heim van sy heer­li­ke geur is die gul laag vet – moet dit dus nie af­of klei­ner sny nie. As jy pi­canha met sy vet­kant na on­der braai (oor die ko­le of in die pan), sal dit nooit droog wees nie. As jy wil, kan jy die vet ná die gaar­maak­pro­ses weg­sny. Om­dat die s­pier in hier­die deel nie baie werk nie, is pi­canha so sag soos fi­let, maar het dit al die geur van kruisskyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.