Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Calamari met Marokkaans­e vulsel

CALAMARI MET MAROKKAANS­E VULSEL

-

KRUIEVULSE­L

30 ml (2 e) gekapte vars koljanderb­lare 30 ml (2 e) gekapte vars pietersiel­ie 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) elk fyn komyn, rooipeper en

koljander

1 suurlemoen se sap

30-45 ml (2-3 e) olie

250 ml (1 k) broodkrumm­els CALAMARI

10 calamari-buise, aan die een kant

oopgesny

10 tandestokk­ies, in water geweek

soetrissie-salsa vir voorsit (resep onder)

1 Vulsel Verwerk al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker om ’n pasta te vorm.

2 Calamari Vou die buise oop en maak skoon. Spoel af en druk droog.

3 Verdeel die vulsel tussen die calamaribu­ise en skep in elke buis. Steek elke buis met ’n tandestokk­ie toe.

4 Braai die calamari vinnig oor warm kole tot dit net gaar en nie meer deurskynen­d is nie – sowat 3-4 minute per kant.

5 Sit voor saam met die soetrissie-salsa.

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 20 minute Braaityd 3-4 minute

per kant

SOETRISSIE-SALSA

3 rooi soetrissie­s 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk 45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) balsemieke asyn 1 Rooster die soetrissie­s 5-7 minute oor ’n oop vlam tot swart blase vorm.

2 Plaas die soetrissie­s in ’n plastieksa­k en laat afkoel.

3 Vryf die velletjies af. Sny in blokkies. Meng die knoffel, olyfolie en asyn by.

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa