Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Engelvis met Maleisiese speserypas­ta

-

’n Mens is soms geneig om te dink engelvis is net goed vir rook, maar dis eintlik heerlik op die vuur. Onthou net dié goue reël: Moet dit nie oorgaar maak nie.

SPESERY-PASTA

2 sprietuie, gekap 10 ml (2 t) tamarynpas­ta

2 brandrissi­es, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyn gedruk

15 ml (1 e) gekapte

vars koljanderb­lare 15 ml (1 e) olie 1 lemmetjie se sap en

skil

VIS

1 heelvis soos engelvis, skoongemaa­k en gevlek, maar stert behou sout

1 lemmetjie, in skyfies

gesny

panaartapp­els (resep links) of wortel-enkomkomme­rpiekel vir voorsit

1 Spesery-pasta Plaas al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en verwerk tot ’n pasta. Voeg nog olie by indien nodig.

2 Vis Smeer die vleiskant van die vis goed met die speserypas­ta in en plaas in ’n toeklaproo­ster. Geur met die sout en pak die lemmetjies­kyfies bo-op.

3 Braai met die vel na onder oor matige kole tot wit. Draai om en braai ’n paar sekondes met die vleiskant na onder.

4 Sit voor saam met panaartapp­els (resep links) of ’n wortel-enkomkomme­rpiekel.

GENOEG VIR 2-3 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 12-15 minute

 ??  ?? 5 As die gereg te branderig na jou smaak is, kan jy die tamaryn met 5 ml (1 t)
borrie vervang.
5 As die gereg te branderig na jou smaak is, kan jy die tamaryn met 5 ml (1 t) borrie vervang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa