Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Mosambieks­e viskoekies met klapper-kerriesous

-

Die klapper-kerriesous is heerlik by dié viskoekies en pas ook goed by ander vissoorte.

1 kg gaar oorskietvi­s soos snoek, stok- of engelvis,

gevlok

1 suurlemoen se sap en skil

60 ml (¼ k) gerasperde ui

60 ml (¼ k) gekapte vars pietersiel­ie of koljander 250 ml (1 k) grondbone, gekap

1 eier sout en peper koekmeel olie

klapper-kerriesous, pynappelst­ukkies en pikantriss­ies vir voorsit (resep regs)

1 Meng al die bestanddel­e behalwe die meel en olie en vorm plat koekies.

2 Rol in die meel om te bedek.

3 Verhit die olie in ’n pan en braai die koekies sowat ’n minuut aan elke kant tot gaar.

4 Sit voor saam met die klapper-kerriesous, pynappelst­ukkies en pikantriss­ies.

LEWER 15 VISKOEKIES Bereiding 10 minute Gaarmaakty­d 1 minuut per

kant

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa