Huisgenoot Beste Resepte: Braai

De Vette Mossel-snoek

DE VETTE MOSSEL-SNOEK

-

Niël du Bois van die De Vette Mossel-restaurant­e weet alles van snoek braai – hy het immers al meer as 20 000 van hulle op die kole gegooi. Hier is sy geheim vir die volmaakte braaisnoek.

GENOEG VIR 4-8 MENSE Bereiding (sous ingesluit) 20 minute Braaityd 15-20 minute (klein snoek) 20-25 minute (groot snoek)

1 gevlekte snoek, deur die ruggraat pleks van die

maag gesny olie sous van jou keuse (resepte op oorkantste blad) 1 Smeer die velkant van die vis goed met olie en plaas op ’n toeklaproo­ster.

2 Berei die sous van jou keuse.

3 Braai die vis net aan die velkant; so kan jy sien wanneer dit gaar is. Braai Óf 10 minute hoog bo matige kole Óf 20 minute laag bo effens warm kole. Jy kan later nog kole byvoeg; wag net tot hulle weer ’n ligte aslaag vorm. Skep die sous van jou keuse oor wanneer die maag net-net wit begin word (volg die aanwysings by die sousresept­e op die oorkantste bladsy). Die vis is gaar sodra dit wit en ondeursigt­ig word en sy glans verloor. Die maag sal eerste gaar wees omdat die vis daar die dunste is. Eindelik sal al die dik dele ook gaar wees.

4 Verwyder die vis van die hitte wanneer net sowat 1 mm van die vleis nog glansend is. Voeg heelwat kole by en plaas die vis terug – nou met die vel na bo. Braai sowat 1 minuut.

5 Maak die rooster versigtig oop. Tik die deeltjies wat dalk vassit liggies met ’n eierspaan om dit te laat loskom. As die vel gebrand het en erg vassit, was die kole te warm.

6 Plaas ’n staalbak bo-oor die snoek, maak die rooster toe en draai dit om. Die vis sal nou netjies in die bak lê met die vleiskant na bo.

ELKE SOUS ISGENOEG VIR 1 SNOEK

1. KNOFFEL

SOUS

60 ml (4 e) botter 60 ml (4 e) gekapte

vars knoffel 1 suurlemoen

se sap hand vol gekapte

vars pietersiel­ie

2. KONFYT

SOUS

60 ml (4 e) botter 60 ml (4 e) gladde

appelkoosk­onfyt 1 suurlemoen se sap

3. BLATJANG

SOUS

30 ml (2 e) olie 60 ml (4 e) botter 60 ml (4 e) appelkoosk­onfyt

60 ml (4 e) blatjang 1 suurlemoen se sap

MAAK DIE SOUSE SO

1 Smelt al die bestanddel­e vir die sous in ’n klein kastrollet­jie op die stoof of oor ’n paar kole.

2 Skep 2 keer oor die snoek; die eerste keer halfpad deur die braaiprose­s wanneer die maag net-net wit begin word. Giet die sous oor die dikste dele; dit sal vanself na die dunner dele vloei. Skep van heel onder in die kastrol af, anders skep jy net botter en olie.

 ??  ?? 1 3 SOUSE VIR ’N PERFEKTE SNOEK
1 3 SOUSE VIR ’N PERFEKTE SNOEK
 ??  ?? 1
2
3
1 2 3
 ??  ?? * Jy kan snoek braai terwyl dit nog gevries is.
* As jy vars snoek het, sout dit eers liggies voor jy dit gaarmaak. Winkelsnoe­k is liggies gepekel in soutwater; dus is dit nie nodig om sout by te
voeg nie.
* Jy kan snoek braai terwyl dit nog gevries is. * As jy vars snoek het, sout dit eers liggies voor jy dit gaarmaak. Winkelsnoe­k is liggies gepekel in soutwater; dus is dit nie nodig om sout by te voeg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa