Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Patat-potbrood

-

250 g gaar patat, fyn gedruk 450-500 ml louwarm water 750 g koekmeel

5 ml (1 t) sout

10 g kitsgis

15 ml (1 e) botter, gesmelt

GENOEG VIR

2 BRODE

Smeer 2 middelslag-platboom-swartpotte goed met botter en stuif meel oor.

1 Meng die gaar patat met die water tot effens loperig. 2 Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die patat in. 3 Meng tot ’n deeg begin vorm. Knie minstens 10 minute tot glad en elasties en verdeel in twee. Plaas elke stuk in ’n afsonderli­ke pot, bedek met ’n vadoek en laat sowat 30 minute op ’n warm plek tot dubbel die volume rys.

4 Smeer die bokant van die brode met die gesmelte botter en maak toe met die deksels.

5 Plaas die potte oor kole met ’n lae hitte. Pak ’n paar kole op die deksels van die potte en bak sowat 40 minute of tot dit hol klink as jy dit aan die onderkant klop.

Bereiding 20 minute

Rystyd

30 minute

Baktyd 40-50 minute

 ??  ?? 1
Onthou om jou braaibrood­jies aan die buitekant ook met botter te smeer om te keer dat dit
vassit.
1 Onthou om jou braaibrood­jies aan die buitekant ook met botter te smeer om te keer dat dit vassit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa