Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Kantwerk-pannekoeke met stroop

-

PANNEKOEKE

250 ml (1 k) bruismeel

1 eier

10 ml (2 t) olie

280 ml water

AFRONDING

2 lemoene, in skyfies gesny 500 ml (2 k) lemoensap 60 ml (¼ k) heuning

30 ml (2 e) rum (opsioneel) lemoensegm­ente lemoenskil, gerasper

1 PANNEKOEKE Klits al die bestanddel­e saam en laat 15 minute rus. Giet in ’n botteltjie.

2 Verhit ’n kleefvrye pan tot goed warm en verf met olie. Giet ’n dun straaltjie beslag heen en weer in die pan sodat dit ’n kantwerk met gate tussenin vorm. Bak tot blasies bo-op vorm, draai met ’n spaan om en bak tot gaar. Herhaal met die res van die beslag.

3 AFRONDING Braai die lemoenskyf­ies 2 minute tot bruin. Giet die lemoensap, heuning en rum in ’n kastrol oor matige kole en laat prut tot dik en stroperig. 4 Pak die lemoenskyf­ies, -segmente en -skil op die pannekoeke en sit voor saam met die stroop.

LEWER 10-12 PANNEKOEKE Bereiding 20 minute Staantyd

15 minute Braaityd

1 minuut per kant (pannekoeke),

2 minute (suurlemoen­skyfies)

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa