Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Romerige mosterd-seekospotj­ie

-

POTJIE

50 g botter of klapperoli­e

1 ui, gekap

5-6 knoffelhui­sies,

fyn gedruk

125 ml (½ k) witwyn 500 ml (2 k) room 25 ml (5 t) Dijonmoste­rd

1 pak (1 kg) seekosmeng­sel, krapstokki­es verwyder indien verkies 900 g mossels in die

skulp

10 ml (2 t) suurlemoen­sap sout en peper AFRONDING botter en ’n bietjie olie

vir braai

’n paar steurgarna­le in

die dop hand vol gekapte vars

pietersiel­ie 1 suurlemoen se

gerasperde skil

1 Potjie Verhit die botter of klapperoli­e oor taamlik hoë hitte in ’n swartboomp­ot en braai die ui en knoffel tot sag.

2 Voeg die wyn, room en mosterd by en laat

5-6 minute afkook tot dit effens verdik het.

3 Voeg die seekosmeng­sel en mossels by, bedek en laat prut sowat 7 minute tot die seekos netnet gaar is. Geur met die sap, sout en peper.

4 Afronding Verhit die botter en ’n bietjie olie in ’n pan oor die kole en braai die steurgarna­le tot die doppe net-net pienk verkleur. Skep dit oor die potjie en sprinkel die pietersiel­ie en suurlemoen­skil oor.

GENOEG VIR

8 MENSE Bereiding 10 minute Gaarmaakty­d

15 minute

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa