Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Mediterreense baba-aartappels
1 GEROOSTERDE GRIEKSE SUURLEMOENAARTAPPELS
AARTAPPELS
2 kg middelslag-aartappels, in kwarte gesny 125 ml (½ k) olyfolie sout en peper
SOUS
250 ml (1 k) ekstrasuiwer olyfolie
125 ml (½ k) vars
suurlemoensap
90 ml (6 e) gekapte
vars dille
1 suurlemoen se skil,
gerasper 24 knoffelhuisies,
gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Aartappels Meng die aartappels met die olyfolie en geur met die sout en peper.
2 Versprei in ’n groot pan en oondbraai 30 minute of tot die aartappels begin sag word.
3 Sous Klits die olie, suurlemoensap, dille en suurlemoenskil saam. Skep 30 ml (2 e) van die sous uit en hou eenkant.
4 Giet die res van die sous oor die aartappels en bak dit nog sowat 15 minute in die oond tot goudbruin en bros.
5 Meng die gereserveerde sous in ’n groot mengbak met die knoffel.
6 Meng die aartappels deur die knoffelmengsel en sit voor.
MARIETTE EN CHRIS (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 2, VIA (DSTV-KANAAL 147))
2 BABA-AARTAPPELS MET SPEK EN DILLE
30 ml (2 e) olyfolie
125 g gerookte repiespek, gekap
7 ml (1½ t) gerookte
paprika
5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander 500 g baba-aartappels,
gekook en gedreineer sout en pas gemaalde
peper
2 takkies dille, gekap
1 Verhit die olie en braai die spek tot bros. Voeg die paprika, komyn en koljander by en roerbraai nog ’n minuut.
2 Sny elke aartappel in die helfte en meng deur die spekmengsel. Geur na smaak met die sout en peper.
3 Verwyder die aartappels van die hitte en meng die dille deur.
4 Plaas 2 velle foelie op mekaar en skep die aartappels in die middel. Vou die foelie toe om ’n pakkie te maak.
5 Plaas die aartappelpakkie op die braaier en braai 30 minute of tot die aartappels lekker bros is.
FRANCOIS EN NIKKI (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 8, VIA (DSTV-KANAAL 147))
GENOEG VIR
6 MENSE Bereiding 10 minute Gaarmaaktyd
45 minute GENOEG VIR
6 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 40 minute
3 MEDITERREENSE BABA-AARTAPPELS
300 g baba-aartappels,
gekook en gedreineer 250 g songedroogde
tamaties, gekap
250 g ontpitte olywe,
gekap
100 g kappertjiesaad 60 ml (¼ k) olyfolie
1 Versprei die aartappels op die boom van ’n oondbak en kneus met ’n vurk.
2 Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die aartappels.
3 Braai die aartappels sowat 10 minute in ’n ketelbraai oor hoë hitte tot goudbruin en bros. Roer af en toe om te keer dat dit vasbrand.
TALITHA EN TERENCE (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 4, VIA (DSTV-KANAAL 147))
GENOEG VIR
6 MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 10 minute