Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Spinasie-en-kaas-braaipaste­i

-

2 rolle (400 g elk) skilferkor­sdeeg

1 ui, in skyfies gesny

2 hande vol babaspinas­ie

1 pakkie (50 g) wituiesopp­oeier

2 wiele fetakaas

100 g mozzarella­kaas, gerasper

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaank­aas 1 eier, geklits

Spuit ’n skoon rooster met kossproei.

1 Plaas een van die velle deeg op die rooster. Versprei die ui en babaspinas­ie bo-oor. Sprinkel die soppoeier oor.

2 Sprinkel die feta, mozzarella en parmesaan oor.

3 Plaas die ander vel deeg versigtig bo-op en seël die kante met ’n vurk. Verf met die geklitste eier en knyp die rooster toe. 4 Braai 20-30 minute oor matige kole of tot gaar en goudbruin aan albei kante.

INNEKE EN JOHNNY (UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 9, VIA (DSTV-KANAAL 147))

GENOEG VIR

6MENSE Bereiding 10 minute Braaityd 20-30 minute

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa