Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Braai-pizzas met twee bolae

-

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 20 minute Rystyd 30-45 minute

Dié deeg vorm ’n goeie basis vir resep 3 en 4 op dié blad, asook vir potbrood.

500 g witbroodme­el

2 ml (½ t) sout

10 g kitsgis

325 ml (1¹⁄₃ k) louwarm water

1 Meng die meel, sout en gis in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die deeg en giet die water in. Voeg nog water by soos nodig as die deeg te droog is.

2 Meng goed deur, keer uit en knie tot dit elasties is en nie meer aan jou hande vaskleef nie.

3 Plaas die deeg in ’n bak, bedek met ’n vadoek en laat 30-45 minute op ’n warm plek tot dubbel die volume rys.

4 Gebruik die deeg vir roosterkoe­k (braai 20 minute), pizza (braai 20 minute) of potbrood (bak 60 minute).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa