Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Oosterse gebakte eiervrug

-

EIERVRUGTE

1 of 2 eiervrugte, gehalveer olie

SMEERSEL

15 ml (1 e) miso-pasta

15 ml (1 e) heuning

5 ml (1 t) sesamolie

10 ml (2 t) rysasyn

80 ml (¹⁄₃ k) water

GARNERING geroosterd­e sesamsade

1 sprietui, gekap of in repies gesny

1 Eiervrugte Sny diep diamantvor­ms in die vleiskant, maar moet

GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding 10 minute

Baktyd

20 minute Braaityd 10-15 minute

dit nie deursny nie.

2 Smeer die vleiskant met die olie. Draai in tinfoelie toe en bak sowat 20 minute tussen die kole tot die eiervrug lekker sag is.

3 Smeersel Meng al die bestanddel­e vir die smeersel en smeer die vleiskant ruimskoots daarmee.

4 Verwyder die foelie en braai 10-15 minute oor matige kole tot effens gekaramell­iseer. Smeer gereeld met die orige smeersel.

5 Garnering Sprinkel die sesamsade en sprietuie oor net voor jy dit voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa