Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Sjokolade-broodpoedi­ng

-

BROOD

8 croissants

45 ml (3 e) botter

150 g donkersjok­olade, grof gekap 150 g pekanneute, grof gekap 30 ml (2 e) bruinsuike­r

VLA

625 ml (2½ k) melk

4 eiers

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

1 ml (¼ t) elk neutmuskaa­t en

kaneel

geklopte room of vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 170 °C. Spuit ’n vuurvaste bak met kossproei of smeer dit met botter.

1 Brood Sny die croissants dwarsoor in 4 snye en smeer elke sny aan albei kante met botter. Pak in die vuurvaste bak.

2 Sprinkel die sjokolade, neute en bruinsuike­r oor die croissants.

3 Vla Klits die melk, eiers, geursel, neutmuskaa­t en kaneel saam en giet oor die croissants.

4 Plaas die bak op die voorbereid­e oondpan en bak 35-40 minute tot gaar en bruin.

5 Sit voor met die geklopte room of vla.

4 GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding 15 minute

Baktyd 40 minute

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa