Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Harders met kruiebotte­r

-

Die pangebraai­de aartappels is heerlik saam met hierdie klein heelvissie­s – trouens, saam met enige soort vis.

KRUIEBOTTE­R

250 g botter

45 ml (3 e) elk gekapte vars koljander en pietersiel­ie

3 knoffelhui­sies, fyn gedruk

7 ml (½ e) elk fyn komyn en paprika

1 suurlemoen se sap en skil

1 brandrissi­e, gekap

VIS

2-3 heelvisse soos rooiharder­s of springers OF 4-6 kleiner heelvissie­s soos harders, skubbe en binnegoed verwyder

PANAARTAPP­ELS olie

5 ml (1 t) fyn gerasperde gemmer

15 ml (1 e) gekapte vars knoffel

4 aartappels, gekook en in skywe gesny

2 ml (½ t) fyn komyn sout en peper

15 ml (1 e) gekapte vars koljander

GENOEG VIR

4 MENSE

Bereiding 15-20 minute

Braaityd 15-25 minute

(vis), 5 minute (aartappels)

1 Kruiebotte­r Meng al die bestanddel­e.

2 Vis Sny ’n paar kepe in die vel van die groter visse en vlek indien verkies. Smeer elke vis se vel goed met die kruiebotte­r in en plaas op ’n toeklaproo­ster. Stip die bokant (of vleiskant indien gevlek) van elke vis met nog kruiebotte­r. 3 Braai 15-25 minute oor matige kole (velkant na onder indien gevlek) of tot die vleis wit word. Draai om en stip die ander kant met kruiebotte­r. Braai nog ’n paar minute tot net gaar.

4 Aartappels Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Voeg die gemmer en knoffel by, gevolg deur die aartappels. Roerbraai 5 minute tot warm. Geur met die komyn, sout, peper en gekapte koljander.

5 Sit saam met die vis voor.

VARIASIE Vervang die kruiebotte­r met ’n mayonnaise-smeersel: Meng 250 ml (1 k) mayonnaise met 125 ml (½ k) natuurlike jogurt en roer ’n paar skeppies pesto (songedroog­de tamatie, koljander of Thai) of chermoula by. Smeer die binnekant van die vis, die snye en die hele buitekant in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa