Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Vinkel-seekospotjie
30 ml (2 e) olyfolie
1 vinkelknol, in dun skyfies gesny
2 preie, in dun repies gesny
5 ml (1 t) paprika
10 ml (2 t) vinkelsaadjies
250 g babacalamari-tentakels sout en peper
125-250 ml (½-1 k) vis- of hoenderaftreksel
100 g mossels, skulpe verwyder
500 g skoongemaakte monnik- of stokvis, in groot
stukke gesny skeppie natuurlike volroomjogurt vinkeltakkies en suurlemoenskil vir garnering
1 Verhit die olie in ’n swartpot en braai die skyfies vinkelknol en preie tot sag en geurig. Voeg die paprika en vinkelsade by en roerbraai sowat 2 minute tot geurig. 2 Voeg die calamari by, geur met die sout en peper en roerbraai sowat 1 minuut.
3 Voeg die aftreksel en mossels by.
4 Pak die vis bo-op, geur met sout en peper, bedek en stoom tot gaar.
5 Roer die jogurt deur om dit meer romerig te maak en garneer met die vinkeltakkies en suurlemoenskil.
GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding 10 minute Gaarmaaktyd 10-12 minute