Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Oosterse calamari

-

CALAMARI

600 g calamari-steaks of

-buise, oopgesny olie (as ’n pan gebruik word) MARINADE

125 ml (½ k) lemoensap 45 ml (3 e) suurlemoen­sap 1 suurlemoen se gerasperde

skil

15 ml (1 e) bruinsuike­r

15 ml (1 e) sojasous

30 ml (2 e) gekapte vars

koljanderb­lare 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer

45 ml (3 e) olie WORTEL-EN-GEMMER-PUREE 300 g wortels, gerasper

10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer

180 ml (¾ k) lemoensap

125 ml (½ k) hoenderaft­reksel

2

GENOEG VIR 4-6 MENSE

gestoomde bok choi of

babaspinas­ie vir voorsit

1 Calamari Maak diamantkep­e kruis en dwars oor die steaks of aan die binnekant van die buise. Pak in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak.

2 Marinade Meng al die bestanddel­e, giet oor die steaks, bedek en laat 4 uur of oornag in die yskas marineer. 3 Puree Kook die bestanddel­e saam tot sag en puree.

4 Verwyder die calamari uit die marinade; hou die marinade eenkant. Braai die calamari oor warm kole tot net gaar. Verf van tyd tot tyd met marinade. (Jy kan dit ook in ’n bietjie warm olie in ’n pan oor die kole braai.) Braai tot die calamari net-net wit en nie meer deurskynen­d is nie.

5 Laat die oorskietma­rinade goed afkook.

6 Pak die steaks op die gestoomde groente. Giet die sous oor en sit voor saam met die puree.

Bereiding

15 minute Marineerty­d 4 uur of oornag Braaityd

1 minuut per kant

 ??  ?? Laat lê die calamari in melk om dit sagter te maak. Moet dit nie oorgaar maak nie, want dan is dit
rubbertaai.
Laat lê die calamari in melk om dit sagter te maak. Moet dit nie oorgaar maak nie, want dan is dit rubbertaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa